<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Energie-oordrag en kragte

Opvoeders afdeling

Memorandum

(a)

  • Chemiese – elektriese
  • Elektriese – kinetiese
  • Kinetiese – hitte-energie
  • Hitte-energie – chemiese

(b)

(i) Elektriese energie – klankenergie

(ii) Chemiese energie – kinetiese energie

(iii) Warmte energie – elektriese energie

(iv) Elektriese energie – ligenergie/klankenergie

(v) Elektriese energie – warmte-energie

(vi) Elektriese energie – klankenergie

(c) Speel-trekker.

  • Potensiële energie – kinetiese energie

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om verskillende vorms van energie-omsetting te identifiseer [lu 2.3, lu 2.4]

Energie-omsetting in motorenjin

(a) In die battery van ‘n motor word chemiese energie omgesit tot elektriese energie. In die motorenjin word die elektriese energie omgesit tot kinetiese energie (bewegingsenergie). Wanneer die motor oorverhit, word die kinetiese energie omgesit in hitte-energie. Wanneer die oorverhitte enjin afkoel, word die hitte-energie weer omgesit in chemiese energie.

Identifiseer die energie-omsettings deur dit te onderstreep.

(b) Kyk na die volgende prente en sê watter energie-omsettings plaasvind.

(i)
(ii)
(iii)
(iv)
(v
(vi)

(i) _________________________________________________________________

(ii) _________________________________________________________________

(iii) _________________________________________________________________

(iv) _________________________________________________________________

(v) _________________________________________________________________

(vi) _________________________________________________________________

(c) Pret met energie-omsetting.

Maak jou eie speel-“trekker”

BENODIGDHEDE:

  • Leë garetol
  • Rekkie
  • Tandestokkies
  • Ronde skyfie kerswas met ‘n gat in die middel

METODE:

1. Ryg die rekkie deur die gat in die garetol.

2. Steek ‘n halwe tandestokkie deur die rekkie aan die kant van die garetol.

3. Sit die skyfie kerswas aan die anderkant van die garetol met die ander punt van die rekkie wat deur die gat in die kerswas gesteek is.

4. Steek die heel tandestokkie deur die rekkie aan die kerskant.

5. Wen die “trekker” op deur hierdie stokkie te draai.

6. Sit dit dan op die grond neer.

7. Watter energie-omsetting word gedemonstreer?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

7. Energie vraagstukke

Die gebruik van energiebronne rig ernstige skade aan ons planeet aan. Ons het vroeër in die module gekyk na die voor- en nadele van fossiel- en kernbrandstowwe. Een van die nadele van kernbrandstowwe is dat die radioaktiewe afvalstowwe nie vernietig kan word nie. Wanneer daar per ongeluk van die radioaktiewe stowwe sou lek, sal dit skrikwekkende gevolge hê.

Sommige lande het nie self olie (‘n fossielbrandstof) nie en moet olie by olieprodusente koop. Die olie moet in groot olietenkskepe vervoer word. Dit gebeur dikwels dat hierdie tenkskepe langs die kus strand en massiewe olieslikke veroorsaak.

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer, bv.: interpreteer inligting deur kernidees in die teks te identifiseer, patrone in aangetekende data te vind en gevolgtrekkings te maak uit inligting in verskeie vorme (bv. prente, diagramme en geskrewe teks);

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder kennis toepas: pas konseptuele kennis toe deur ‘n begrip wat onderrig is met ‘n variasie van ‘n soortgelyke situasie in verband te bring.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask