<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hierdie is verrykingswerk en as u dit te gevorderd vind, kan dit in 'n later stadium gedoen word. Daar mag wel leerders wees wat die uitdaging sal aanvaar.

Aangesien 3 x en ÷ pas voltooi is, is dit maklik om derdes nou aan te pak.

Gee aan die leerders los vorms van papier en laat hulle vou en meet en self ontdek hoe dit gedoen kan word. Sommige van die leerders sal self weet hoe om nou sesdes te kry. (Slegs verryking)

Die idee van die resep is om die leerders te laat besef dat die gebruik van standaard meeteenhede en houers noodsaaklik is.

Laat die leerders nog voorbeelde noem waar standaard meeteenhede om inhoud te meet daagliks gebruik word, bv. brandstof, melk, meng van bestanddele vir medisyne, voorskrifte vir toediening van medikasie, ens.

Dit is noodsaaklik dat al die verskillende standaard maathouers en skale, asook sand, water en ander voorwerpe om inhoud en massa te meet, in die klas beskikbaar moet wees. Die leerders moet daagliks kan eksperimenteer met hierdie standaard meeteenhede: liter en milliliter en gram en kilogram .

'n Badkamerskaal is nodig om die leerders se massas te bepaal.

Verskillende metodes word gebruik vir die vermenigvuldig- en deelbewerkings, maar indien u van 'n ander metode gebruik maak en die leerders dit beter verstaan, is dit hulle reg om die metode wat hulle verkies, te gebruik.

Dit is noodsaaklik dat baie soortgelyke voorbeelde van die betrokke getalsinne eers mondeling gedoen word, voordat van die leerders verwag kan word om hierdie werkvel te voltooi.

Die volmaak van 'n honderd en die ontbinding van 'n honderd word nou formeel aangeleer. Baie konkrete werk moet vooraf gedoen word. Meer gevorde werk waar 'n tien en 'n honderd gelyktydig oorgedra of ontbind word, moet nie op dieselfde tyd gedoen word nie. Dit sal van die groep se vermoëns afhang of dit net hierna of op 'n baie later stadium gedoen moet word.

Dit bly die opvoeder se keuse of die leerders hulpsyfers by die vertikale bewerkings gaan gebruik.

Leerders sal 'n skoon vel papier nodig hê om die korste pad te bereken. Sommige leerders mag dit moeilik vind, maar met 'n bietjie hulp, behoort hulle dit te kan doen.

'n Bespreking oor wat hulle sal sien, afhangende van die rigting waaruit hulle na die huis aangery kom, is nodig voordat die leerders dit kan teken.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om tyd te leer lees [lu 4.1, lu 4.2]

  • Bonnie en Tommie het elkeen 'n horlosie vir hul verjaardag gekry.

Neem 'n papierbord of sny 'n sirkel uit karton en ontwerp jou eie horlosie waarmee jy kan leer om tyd te lees.

Onthou:

1 dag = 24 uur

1 uur = 60 minute

1 minuut = 60 sekondes.

  • Hoe laat is dit?
  • Teken die lang en kort wysers in op die horlosies:
  • Bonnie en Tommie het om twee-uur by 'n maatjie gaan speel en was weer om vyfuur by die huis. Hoeveel ure was hulle weg?

Hulle was ____________________________________________________________

  • 'n Uur kan ook in 2 halfure gedeel word.

1 uur = 60 minute

'n halfuur = 30 minute

  • Hoe laat is dit?
  • Teken die lang en die kort wysers in op die horlosies:

  • Bonnie en Tommie doen elkeen 8 somme in 'n halfuur.

Hoeveel somme sal hulle altesaam in 1 uur doen?

Hulle sal _____________________________________________________________

  • Mamma ry 50 km in 'n halfuur. Hoe ver sal sy in 2½ uur ry?

Sy sal _______________________________________________________________

  • Hoeveel halfure is daar in 4 ure? 4 ure = ______________________ halfure
  • 'n Uur kan ook in 4 kwarte gedeel word. Dan het jy 4 kwartiere.

1 uur = 60 minute

'n halfuur = 30 minute

‘n kwartier = 15 minute

  • Hoe laat is dit?

  • Teken die lang en kort wysers in op die horlosies:
  • Voltooi die tabel:
kwartiere 1 2 3 4 5 6 7 8
minute 15 30

  • Hoe laat is dit?

  • Teken die lang en kort wysers in op die horlosies:

  • Mamma het om 3-uur winkel toe gegaan en was weer om 20

oor 4 terug by die huis. Hoe lank was sy weg?

Sy was ______________________________________________________________

  • Bonnie kan elke 5 minute 3 bladsye van haar boek lees. Hoeveel bladsye kan sy in 1 uur lees?

Sy kan _______________________________________________________________

  • Pappa het 5 oor 2 by die bank ingegaan en 45 minute later weer uitgekom. Hoe laat was dit toe hy uitgekom het?

Dit was ______________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder analoog- en digitale tyd in ure, halfure, kwartiere en minute lees;

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos wat berekeninge met en herleiding behels.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask