<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Meetkunde, datahantering en waarskynlikheid

Waarskynlikheid

Opvoeders afdeling

Memorandum

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die frekwensie van werklike uitkomstes vir ‘n reeks probeerslae te tel [lu 5.10]

1. Werk saam met ‘n maat. Gooi ‘n dobbelsteen 20 keer en teken elke keer

dat dit op ‘n 4 val, aan.

Voltooi: aantal kere :

2. Werk weer saam met ‘n maat. Skiet ‘n muntstuk 20 keer op en kyk hoe-

veel keer dit op “munt” val.

Voltooi: aantal kere :

Ons noem hierdie aantal kere wat jy hierbo gelys het, die relatiewe frekwensie .

As die 4 in die voorbeeld hierbo nege keer verskyn het, sou ons die relatiewe frekwensie so bereken:

Relatiewe frekwensie = aantal viere

aantal gooie

= 9 20 size 12{ {}= { {9} over {"20"} } } {}

3. Gooi nou jou dobbelsteen 30 keer en kyk hoeveel keer dit op 2 val.

Bereken die relatiewe frekwensie.

Tyd vir selfassessering

Dit is belangrik dat ons sal weet of jy die laaste deel van die werk goed verstaan. Lees die onderstaande kriteria. Evalueer jouself op ‘n skaal van 1 – 4 deur ‘n sirkel om die toepaslike syfer te trek.

Kriteria 1 = Glad nie.2 = Net ‘n bietjie (min).3 = Goed.4 = Uitstekend.
Ek kan die begrip “waarskynlikheid” verduidelik. 1 2 3 4
Ek kan verduidelik wat ‘n waarskynlikheid van een beteken. 1 2 3 4
Ek kan verduidelik wat ‘n waarskynlikheid van nul beteken. 1 1 1 1
Ek kan waarskynlikheid korrek bepaal. 1 2 3 4
Ek kan relatiewe frekwensie korrek bepaal. 1 2 3 4

Assessering

Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak, en om toevallige variasies te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die frekwensie van werklike uitkomste vir ‘n reeks toetse tel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask