<< Chapter < Page Chapter >> Page >

NATUURWETENSKAPPE

Ekosisteem en omgewingsbalans

Opvoeders afdeling

Memorandum

Opdrag 15:

1 Plante en diere gaan dood

2 Plante en diere produseer afvalmateriaal

3 Ontbinders breek die afvalmateriaal af en gebruik sommige dele as voedsel

4 Ander dele word afgebreek as chemikalieë en weer vrygestel in die lug of grond

5 Die chemikalieë word weer deur ander plante geabsorbeer en opgeneem in voedselketting.

LEERKRAG AFDELING

Inhoud

Aktiwiteit: om die belangrike rol wat plante in die ekosisteem vervul, te bestudeer [lu 1.2, lu 2.3]

Plante (produseerders) gebruik eenvoudig nie-lewende materiaal (water, sonlig, kooldioksied en minerale) om hul eie voedsel te vervaardig. Die proses word fotosintese genoem, maar jy sal meer daarvan in die volgende module leer. Suurstof word terselfdertyd vrygestel.

Ontwerp nog twee voedselkettings met plante as die produseerders.

(a) Die rol van swamme in die ekosisteem

Swamme staan bekend as die “arm” familie van die planteryk omdat hulle geen groen kleurstof bevat nie. Die groen kleurstof, chlorofil, stel groen plante in staat om self kos te vervaardig uit koolsuurgas en water. Groen plante staan dus op hulle eie voete en is van geen ander lewende wese afhanklik vir kos nie. Swamme en bakterieë, daarenteen, is dus net so afhanklik soos diere van die kos wat groen plante vir hulle moet berei.

Wanneer ‘n plant of ‘n dier doodgaan, gaan die opgebergde energie nie verlore nie. Mikroskopiese swamme en bakterieë teer op hul liggame en breek dit in die proses af. Sodoende word dit weer deel van die grond. Hierdie plante word ontbinders genoem, weens hulle unieke rol in die natuur.

Opdrag 15

Bestudeer die volgende diagrammatiese voorstelling oor die ontbindingsproses. Dit demonstreer hoe dooie organismes afgebreek en deur ontbinders hersirkuleer word. Gebruik nou die byskrifte wat volg en skryf hulle op die korrekte plekke in. Die byskrifte is nie in volgorde nie:

  • Plante en diere produseer afvalmateriaal, bv. blare.
  • Ontbinders breek die afvalmateriaal af en gebruik sommige dele as voedsel.
  • Ander dele word afgebreek as chemikalieë en weer vrygestel in die lug of grond.
  • Plante en diere gaan dood.
  • Die chemikalieë word weer deur ander plante geabsorbeer en weer opgeneem in die voedselketting.

(i) Struktuur van die Swamplant

Die swamplant self bestaan uit vertakte drade wat soms in vakkies verdeel is, bv. broodskimmel, of soms saamgevleg is tot ‘n groot, vaste liggaam, bv. sampioene. Baie swamme is eetbaar, maar daar is ook soorte wat uiters giftig is. Dit is veiliger om maar net die welbekende sampioene te eet. Die sampioen word as ‘n klein, ronde wit knopie deur die grond opgestoot. Dit word groter en rek uit op ‘n steel en gaan uiteindelik oop soos ‘n sambreel.

Onder die sambreel straal die sporeplaatjies in ‘n kring om die steel uit. In regte sampioene is die sporeplaatjies rooskleurig as hulle jonk is en swartbruin as hulle volwasse is. Geeneen van die giftige paddastoele het hierdie kleur nie, dus is die kleur die beste aanduiding of dit ‘n giftige paddastoel of ‘n eetbare sampioen is. ‘n Mens moet nooit ‘n paddastoel eet wat baie na ‘n sampioen lyk, maar wit plaatjies het nie, want dit kan mens se dood veroorsaak.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask