<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Hulpbronne

Module 17

Natuurlike hulpbronne: diere

Diere as natuurlike hulpbron

Aktiwiteit

Om vrae te beantwoord oor hoenders as natuurlike hulpbron

[lu 1.1]

In graad vier het julle ‘n deeglike studie gemaak van hoenderboerdery. Maak staat op jou voorkennis en raadpleeg alternatiewe bronne ten einde die volgende vrae te kan beantwoord.

Watter produkte van die hoender word deur die mens gebruik?

Waar / Onwaar? “Hoendervleis is ‘n gesonde voedsel.” (motiveer)

Is hoenderboerdery ‘n belangrike ekonomiese bedrywigheid? Motiveer jou antwoord.

Is hoenderboerdery klimaatgebonde? Motiveer.

Watter gesondheidsrisiko bedreig van tyd tot tyd die voortbestaan van pluimveeboerdery in spesifieke areas?

Diere dien nie net as voedsel vir die mens nie. Volstruisboere spog daarmee dat daar nie ‘n enkele liggaamsdeel van hierdie reusevoël is wat nie op ‘n nuttige manier aangewend word nie. Gesels in jul groepe oor die gebruike van die verskillende liggaamsdele van die volstruis.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

  • bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
  • tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];
  • inligting kategoriseer;
  • sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

  • deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

Memorandum

  • Vleis Eiers Vere
  • Waar – witvleis – laag in dierevet, hoog in proteïne
  • Produseer in massa om aan behoeftes te voldoen Werkskepping
  • Nee – battery skep kunsmatig gunstige omstandighede
  • Voëlgriep

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask