<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 17

Musiek: blaasinstrumente

Blaasinstrumente

Aktiwiteit

Om instrumente te identifiseer [lu 2.4, 2.5]

Die swaan en die olifant

Vergelyk die musiek van die verskillende diere met mekaar. Skryf die ooreenkomste neer.

Beskryf wat jy hoor:

Die Swaan Die Olifant

DIE VOËLHOK

Voltooi eers:

  • Maatslag
  • Tempo
  • Is die instrumenteklank hoog en/of laag?
  • Watter ander instrumente is daar?
  • Beskryf wat jy hoor.

Om die voëls uit te beeld, gebruik die komponis ‘n blaasinstrument soos die dwarsfluit .

Hoe lyk die dwarsfluit?

Die dwarsfluit is ‘n houtblaasinstrument, maar word nie van hout gemaak nie. Dit word hoofsaaklik van silwer gemaak.

‘n Houtblaasinstrument bestaan uit ‘n hol buis met gate

Plak hier ‘n prentjie of ‘n tekening van ‘n dwarsfluit:

Hoe verkry ons klank op die dwarsfluit?

Sodra in die pyp geblaas word, vibreer die lug binne in die pyp. Dit bring klanke voort! Deur die gate oop of toe te maak, verander jy die toonhoogte. Hoe langer die lugkolom, hoe laer is die klank; hoe korter die lugkolom, hoe hoër die klank.

Die toonhoogte : Die note van die dwarsfluit is hoog.

DIE KOEKOEKVOËLTJIES IN DIE WOUD

Voltooi eers:

  • Maatslag
  • Tempo
  • Is die instrumenteklank hoog en/of laag?
  • Watter ander instrumente is daar?
  • Beskryf wat jy hoor.

Om die koekoekvoëltjies uit te beeld, gebruik die komponis ‘n blaasinstrument soos die klarinet .

Hoe lyk die klarinet?

Die klarinet is ‘n houtblaasinstrument.

‘n Houtblaasinstrument bestaan uit ‘n hol buis met gate en word meestal van hout gemaak.

Noem ander houtblaasinstrumente:

Plak hier ‘n prentjie of maak ‘n tekening van ‘n klarinet.

Hoe bring ons klanke voort op die klarinet?

Sodra in die pyp geblaas word, vibreer die lug binne in die pyp. Dit bring klanke voort! Deur die gate oop of toe te maak, verander die toonhoogte. Hoe langer die lugkolom, hoe laer is die klank; hoe korter die lugkolom, hoe hoër die klank.

Die toonhoogte : Die note van die klarinet is redelik laag tot hoog.

Assessering

LEERUITKOMS 2: REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.4 maatslae soos vier-vier en drie-vier kan herken;

2.5 na musiekinstrumente luister en hulle kan identifiseer in terme van voorkoms, naam, wyse van klankproduksie, timbre en algemene toonhoogteklassifisering (hoog-laag).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask