<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wanneer die getalle 6 tot 9 verdubbel word, word daar elke keer 'n tien volgemaak.

Die leerders moet dit aantoon op die werkvel deur die tien te omkring.

Indien 'n sakrekenaar nie beskikbaar is nie, kan die opvoeder of selfs een van die leerders, na voltooiing van die werkvel, die antwoorde wat bereken moet word, op die bord skryf. Die leerders wat dit egter self kan bereken, moet toegelaat word om dit te doen.

Moedig die leerders aan om aan te hou, totdat hulle die regte "pad" kry. Hulle mag dalk 'n ekstra vel papier benodig om die getalle te skryf terwyl hulle na die regte pad soek.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: groepering [lu 1.4, lu 1.7, lu 1.8, lu 1.9, lu 1.10, lu 3.1, lu 3.3]

Bonnie en Tommie weet hoe lekker dit is om met getalle te werk as hulle in tiene gegroepeer is. Soms is dit nodig om weer van die tiene te ontbind as ons 'n aftrekbewerking moet doen en daar is te min ene om weg te neem.

  • Marie het 16 lekkers en wil graag vir Pieter 9 daarvan gee. Hoeveel sal sy oorhê?

Tommie sê ons moet dit nou sonder die kolletjies doen.

  • Doen die een wat jy die beste verstaan.

14 - 9 = 14 - 4 - 5 = ___ of 14 - 9 = ( 10 - 9) + 4 = ___

13 - 8 = 13 - 3 - 5 = ___ of 13 - 8 = ( 10 - 8) + 3 = ___

12 - 6 = 12 - 2 - 4 = ___ of 12 - 6 = ( 10 - 6) + 2 = ___

5 - 7 = 15 - 5 - 2 = ___ of 15 - 7 = ( 10 - 7) + 5 = ___

18 - 9 = 18 - 8 - 1 = ___ of 18 - 9 = ( 10 - 9) + 8 = ___

11 - 5 = 11 - 1 - 4 = ___ of 11 - 5 = ( 10 - 5) + 1 = ___

  • Voltooi:
  • Flinkdink!
  • Bonnie en Tommie is lus om nou hulle somme vertikaal te doen.
  • Die getal in die boonste sirkel word elke keer gekry deur die getalle van die onderste 2 sirkels, waarmee dit verbind is, bymekaar te tel. Bou die getallemuur klaar.

101 * * * * * * * * * * 110

111 * * * * * * * * * * 120

121 * * * * * * * * * * 130

131 * * * * * * * * * * 140

141 * * * * * * * * * * 150

151 * * * * * * * * * * 160

161 * * * * * * * * * * 170

171 * * * * * * * * * * 180

181 * * * * * * * * * * 190

191 * * * * * * * * * * 200

  • Doen die berekeninge hieronder. Merk die antwoord op die blok hierbo. Verbind die getalle met 'n reguitlyn in die volgorde soos jy die berekeninge doen.

1. 150 + 1 = _____

2. 160 - 1 = _____

3. 111 + 4 = _____

4. 155 - 4 = _____

5. 180 + 10 + 1 = _____

6. 190 + 5 + 4 = _____

7. 160 - 5 + 4 = _____

Wat sien jy? _________________ Hoeveel vorms sien jy?_____

Noem hulle. _____________________________________________

Trek 'n lyn wat die vorms sal halveer. Kleur die helfte van elke vorm in.

Hoeveel vorms sien jy nou?

Noem hulle._____________________________________________

Hoeveel sye het:

'n driehoek ______ , 'n vierkant ______ en 'n reghoek ______ ?

Hoeveel hoeke het:

'n driehoek ______ , 'n vierkant ______ en 'n reghoek ______ ?

Hierdie was die kartonhouertjie waarin Bonnie en Tommie se potlode verpak was. Hulle wou graag weet watter vorms vir die maak van die pakkie gebruik is, daarom het hulle dit so oopgemaak.

  • Watter vorms kan julle herken en hoeveel is daar van elkeen ?

____________________________________________________________________

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask