<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die vorms moet verkieslik op manilla gedupliseer word, maar indien dit nie beskikbaar is nie, gebruik gewone papier.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: getalle [lu 1.3, lu 1.5, lu 1.6, lu 1.9, lu 3.6, lu 4.5]

Bonnie en Tommie is baie opgewonde oor die kermis. Daar gaan ver-skillende stalletjies wees en baie ander pret om aan deel te neem, asook hansworse om die mense te vermaak.

  • Teken 'n prent van hoe dit by julle skool sal lyk as julle kermis hou. Besluit vooraf watter stalletjies, pret en speletjies daar gaan wees en waar dit alles gaan plaasvind.
  • Bonnie en Tommie ken hulle getalle tot by 1 000 en wil nou verder tel.
  • Voltooi die getalleblok.
1001 1002 1003 1004 1005 1006 1007 1008 1009 1010
101 1 1012 1020
1021
1031
1041
1051
1061
1071
1081
1091
  • Watter getalle stel die diagramme voor?
  • Skryf die getalname van die getalle.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

  • Bonnie en Tommie moet vinnig kan reken as hulle by die stalletjies wil help.
  • Bonnie gaan vir Mamma met die pannekoek help.
  • Die deeg in die houer is genoeg vir 100 pannekoeke. Hulle het beplan om 500 pannekoeke te bak. Teken al die houers wat nodig is vir die deeg.

Altesaam het hulle __________ ℓ deeg nodig.

  • Hoeveel ½ℓ (500 mℓ ) houers kan ons daarmee volmaak?

_____________________________________________________________________

  • Hulle gaan die pannekoeke teen R2 elk verkoop. Hoeveel geld sal hulle maak as hulle al die pannekoeke verkoop?

_____________________________________________________________________

  • Ons weet dat 10ℓ deeg vir ons 100 pannekoeke gee. Hoeveel pannekoeke kan ons van 1ℓ deeg bak?

_____________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsimbole en -name van 1 tot minstens 1 000 ken, lees en skryf;

Assesseringstandaard 1.5: Dit is duidelik wanneer die leerder die plekwaarde van syfers in heelgetalle tot minstens 3-syfergetalle herken;

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder geldprobleme oplos wat totale en kleingeld in rand en sent behels, insluitend herleiding tussen rand en sent;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels;

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder informele kaarte van die skoolomgewing of van ’n groep driedimensionele voorwerpe lees, interpreteer en teken en dui die voorwerpe op die kaart aan;

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe volgens nie-standaard- en standaardmate skat, meet, vergelyk en orden.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask