<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 5     Page 3 / 5
Chapter >> Page >

8 x 6 = 6 x ____

23 x ____ = 13 x 23

124 x 85 = ____ x 124

2. Is die volgende waar of onwaar?

2.1 6 × 3 × 4 = 3 × 4 × 6 = 4 × 6 × 3

2.2 (2 × 4) × 5 = (5 × 4) × 2 = 4 × (2 × 5)

3. Watter afleiding kan jy maak uit bogenoemde voorbeelde?

Aktiwiteit 8:

Om te skat en te bereken deur middel van afronding [lu 1.8.1]

1. Om antwoorde te kan skat, is ‘n belangrike vaardigheid. As jy goed kan skat, sal jy makliker agterkom wanneer jy moontlik ‘n fout met jou berekeninge kon begaan het. Rond eers die volgende getalle af en skat so wat die produk van die volgende sal wees:

SOM SKATTING SAKREKENAAR VERSKIL
Bv. 19 × 21 400 399 1
a) 38 × 27 ......................... ......................... .........................
b) 99 × 146 ......................... ......................... .........................
c) 45 × 69 ......................... ......................... .........................
d) 998 × 78 ......................... ......................... .........................
e) 409 × 18 ......................... ......................... .........................

Kopkrappers!

a) Watter twee getalle kleiner as 10 het elk 3 faktore?

________ en _________

b) Kleur die korrekte blokkie in:

Die produk van enige 2 onewe getalle is altyd ’n EWE ONEWE getal.

c) Watter twee getalle het ’n produk van 48 en ’n som van 16?

________ en _________

Aktiwiteit 9:

Om probleme in konteks te kan oplos [lu 1.6.1]

Om ‘n reeks tegnieke te gebruik om berekeninge te doen [lu 1.10]

Kom ons hou ‘n vinnige dinkskrum! Jou opvoeder sal jul van die nodige folio voorsien.

1. Deel in groepe van drie en maak so vinnig soos jul kan ‘n lys van al die vervoermiddels wat daar in ons land is.

2. Watter een van bogenoemde kies jy om in te reis? Hoekom?

3. Waar is jou gunsteling sitplek in ‘n:

  1. motor?
  2. skoolbus?
  3. boot?
  4. vliegtuig?

4. Kyk of jy nou al die volgende probleme kan oplos:

Mnre. Slobo, Mugathle en Sisala het elkeen ‘n splinternuwe taxi gekoop om passasiers mee te vervoer. Vir die eerste rit lyk hul planne so:

Eienaar Bedrag per rit per persoon Aantal passasiers km gereis
Slobo R15,80 13 76
Mugathle R14,60 14 84
Sisala R16,25 12 59
  • Wie het die meeste geld gemaak met die eerste rit?
  • As die petrol R1,05 vir elke kilometer wat gereis is, gekos het, wat was mnr. Mugathle se petrolrekening?
  • As almal in mnr. Slobo se taxi atlete was en terug moes draf, hoe ver het hul altesaam gedraf?
  • Verduidelik aan die res van die klas hoe julle groep die antwoorde bereken het.
  • Vergelyk jul metodes. Hoe verskil hulle van mekaar?
  • Gebruik ‘n sakrekenaar om die antwoorde te kontroleer.

Aktiwiteit 10:

Om die gelykwaardigheid en geldigheid van verskillende voorstellings te bepaal [lu 2.6.3]

Om strategieë te gebruik om oplossings te kontroleer [lu 1.11]

1. By Aktiwiteit 9 het julle jul eie tegnieke en strategieë gebruik om die probleme op te los. In jul terugvoering aan die klas het jul seker gesien dat daar talle maniere is waarop ons getalle kan vermenigvuldig. Verdeel in groepe van drie. Lees die volgende probleem en kyk dan of julle al die verskillende oplossings verstaan.

’n Saal moet vol stoele gepak word. Daar moet 23 rye met 16 stoele in elke ry wees. Hoeveel stoele moet uitgepak word?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask