<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Skryf slegs die korrekte nommer neer.

  1. Wat word bedoel met “simfonie” van klanke soos dit in leesstuk (b) voorkom?
  2. Wat is die kerngedagte wat die twee leesstukke aan mekaar bind?
  3. Soek woorde in die leesstukke wat min of meer die volgende beteken:
  4. om weer te gebruik
  5. om gulsig op te eet
  1. Maak duidelike, verklarende sinne met die volgende woorde:
  2. lekkerny
  3. dekade

Aktiwiteit 3:

Om alfabeties te rangskik

[lu 6.1.2]

Alfabetiese volgorde

  1. Die betekenis van die word smulpaap moes in die HAT of ‘n goeie, verklarende woordeboek nageslaan word. Hoe het jy dit gevind? Die telefoongids rangskik ook mense se vanne volgens die alfabet. Die rekenaar stel maklik ‘n alfabetiese lys saam. Hoe werk dit? Eerstens moet jy jou alfabet ken. Wie kan dit opsê? Die beginletter van die woord wat gerangskik moet word, is belangrik. Indien die beginletter van twee woorde dieselfde is, kyk dan na die tweede letter. Woorde wat met die letter a begin, word eerste geplaas, dan dié wat met ‘n b begin, ensovoorts.
  2. Rangskik nou die vetgedrukte woorde in die leesstuk in alfabetiese volgorde.

Aktiwiteit 4:

Om ‘n visuele teks (plakkaat) te ontwerp

[lu 4.1.3]

Ontwerp plakkate en bespreek (groepwerk)

Ontwerp ‘n plakkaat om die gevare van besoedeling vir die mensdom aan te toon. Julle kan groepe vorm en elke groep kan een soort besoedeling aanspreek, bv. omgewingsbesoedeling, geraasbesoedeling, lugbesoedeling, ens.

Aktiwiteit 5:

Om op gestruktureerde manier ‘n mening te lug oor ‘n uitdagende onderwerp

[lu 2.1.3]

Rolspeel nou die plakkate om jul boodskap oor te dra.

Aktiwiteit 6:

Om terugvoering te gee

[lu 2.1.4]

Ontwerp ‘n plakkaat om mense bewus te maak van herwinning. Gee nou mondelinge terugvoering in verband met verskeie herwinningsprojekte waarvan jy kennis dra.

“hallo, sumari, ek dog jy is nog op vakansie. nee jong, ek is maar net besig om my spaartyd nuttig te gebruik. ek en natalie probeer die rekord breek om te kyk hoeveel leë koeldrankblikkies ons per dag kan optel.”

Aktiwiteit 7:

Om begrip te toon van styl en register

[lu 4.1.4]

Afrikaans soos bostaande steek Groenie dwars in die krop, want dit word deur Anglisismes besoedel. (Wat is Anglisismes en waar kom dié woord vandaan?) Daar is mos inderdaad goeie Afrikaanse woorde wat ons kan gebruik in plek van dié Engelshede. Skryf dit korrek oor.

Aktiwiteit 8:

Om bewus te word van leenwoorde en om nuutskeppinge te gebruik

[lu 6.1.12]

Afrikaans het egter baie woorde by Engels geleen omdat ons nie geskikte woorde het nie, bv. woorde soos rugby, krieket en poskantoor . Afrikaans het ook baie woorde uit ander tale geleen waarsonder ons baie armer sou wees. Woorde soos pasella en donga is van Afrika-tale geleen.

‘n Uitdaging: Beantwoord die vrae wat opgestel is uit woorde wat ons van ander tale geleen het.

Woorde Geleen uit
apart Frans
niksnuts Duits (Germaans)
mielie handelstaal 17de eeuse seemanstaal
gehawend Nederlandse seemanstaal
sosatie Maleis
gogga Khoi
aitsa Khoi
tronk Deur Maleis uit Portugees
koejawel 17de eeuse handelstaal
dros dros Nederlandse seemanstaal
eina Khoi

LEIDRADE

  1. Pienk vrug met baie pitte
  2. Plek waar misdadigers aangehou word
  3. ‘n Ander woord vir ‘n insek
  4. Blokkies vleis op ‘n stokkie
  5. Baie geel pitte
  6. Nie saam nie
  7. Wegloop sonder toestemming
  8. _____ , maar jy is uitgevat!
  9. Iemand wat niks beteken nie
  10. Stukkend en ……. daar uitsien
  11. ______ , dis baie seer

Assessering

LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oor.
2.1.3 deel idees en lug mening oor uitdagende onderwerpe op ‘n logiese, samehangende en gestruktureerde manier (bv. plakkaat aanbiedings, verslae, debatte);
2.1.4 beskryf gebeurtenisse, gee terugvoering en gee aanwysings op ‘n logiese manier.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte, romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke);
3.1.1 lees hardop en stil en pas leesstrategieë volgens die doel en gehoor aan;
3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.);
3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multimedia-tekste (soos foto’s, TV-advertensies, dramas en toneelstukke, en, indien beskikbaar, video’s/films, rekenaarprogramme en CD-ROM’s);
3.2.1 interpreteer en bespreek die boodskap;
3.8 verstaan en gebruik informatiewe tekste gepas:
3.8.1 som hoof- en ondersteunende gedagtes op.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe;
4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, grafika en ontwerp duidelik en skeppend te gebruik (bv. CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe met foto’s;
4.1.4 toon begrip van styl en register en verander inligting van een formaat na ‘n ander;
4.1.5 besin oor en evalueer skryf- en skeppende werk;
4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:
4.4.1 woordvlak:
  • kies, gebruik en eksperimenteer met ‘n wye verskeidenheid woorde uit ander leerareas en eie belangstelling en ervaring wat betekenis duidelik en gepas oordra;
4.4.3 paragraafvlak:
  • skryf ‘n kernsin en sluit relevante inligting in om ‘n samehangende paragraaf te ontwikkel;
  • toon verskillende maniere om paragrawe te skakel en grafika gepas in te sluit om ‘n samehangende geheel te vorm.

Memorandum

Aktiwiteit 1 Eie terugvoering

Aktiwiteit 2

2(a) ‘n Lekkerbek. Iemand wat van lekker kosse hou.

(b) Hy gebruik (herbenut) sy dop (afvalmateriaal) as hy vervel.

(c) (ii)

(d) Al die klanke saam vorm ‘n “simfonie” van klanke soos dié van ‘n orkes. Die klanke saam vorm ook ‘n sterk klank wat uit verskillende klanke bestaan.

(e) Die mens besoedel sy omgewing met afvalmateriaal, geraas, ens.

(f) (i) Herbenut

(ii) Verorber, vreet

(g) (i) Melktert is ‘n lekkerny wat oud en jonk geniet.

(ii) ‘n Dekade is ‘n tydperk van tien jaar.

Aktiwiteit 3 (b)

  • alle
  • beskadiging
  • bestaande
  • bestaande
  • buurseun
  • desibel
  • eksamenlokaal
  • gehoor
  • geluide
  • geraas
  • intensiteit

Aktiwiteit 7

(a) “Goeiedag, Sumari, ek dog jy is nog met vakansie. Nee jong, ek is maar net besig om my vrye tyd nuttig te gebruik. Ek en Natalie probeer die rekord verbeter om te kyk hoeveel leë koeldrankblikkies ons per dag kan optel.”

Aktiwiteit 8

(b) Dwars:

1. koejawel

2. tronk

3. gogga

4. sosatie

5. mielie

6. apart

Af:

7. dros

8. aitsa

9. niksnut

10. gehawend

11. eina

Questions & Answers

if three forces F1.f2 .f3 act at a point on a Cartesian plane in the daigram .....so if the question says write down the x and y components ..... I really don't understand
Syamthanda Reply
hey , can you please explain oxidation reaction & redox ?
Boitumelo Reply
hey , can you please explain oxidation reaction and redox ?
Boitumelo
for grade 12 or grade 11?
Sibulele
the value of V1 and V2
Tumelo Reply
advantages of electrons in a circuit
Rethabile Reply
we're do you find electromagnetism past papers
Ntombifuthi
what a normal force
Tholulwazi Reply
it is the force or component of the force that the surface exert on an object incontact with it and which acts perpendicular to the surface
Sihle
what is physics?
Petrus Reply
what is the half reaction of Potassium and chlorine
Anna Reply
how to calculate coefficient of static friction
Lisa Reply
how to calculate static friction
Lisa
How to calculate a current
Tumelo
how to calculate the magnitude of horizontal component of the applied force
Mogano
How to calculate force
Monambi
a structure of a thermocouple used to measure inner temperature
Anna Reply
a fixed gas of a mass is held at standard pressure temperature of 15 degrees Celsius .Calculate the temperature of the gas in Celsius if the pressure is changed to 2×10 to the power 4
Amahle Reply
How is energy being used in bonding?
Raymond Reply
what is acceleration
Syamthanda Reply
a rate of change in velocity of an object whith respect to time
Khuthadzo
how can we find the moment of torque of a circular object
Kidist
Acceleration is a rate of change in velocity.
Justice
t =r×f
Khuthadzo
how to calculate tension by substitution
Precious Reply
hi
Shongi
hi
Leago
use fnet method. how many obects are being calculated ?
Khuthadzo
khuthadzo hii
Hulisani
how to calculate acceleration and tension force
Lungile Reply
you use Fnet equals ma , newtoms second law formula
Masego
please help me with vectors in two dimensions
Mulaudzi Reply
how to calculate normal force
Mulaudzi
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask