<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Uitdrukking en kommunikasie

Module 9

Dans

Dans

Aktiwiteit 1

Om opwarming vir die dans te doen [lu 4.2]

Voordat jy enige van die aktiwiteite kan doen, moet jy jou liggaam opwarm.Die opwarmingsoefening sal verhoed dat jy gedurende die danse seerkry en sal die aktiwiteite makliker maak om uit te voer.

Dit sal makliker en meer pret wees as jy die opwarming met musiek doen. Moenie musiek kies wat te vinnig is nie.

  • Staan met jou voete heupwydte van mekaar af, voete wys vorentoe, arms langs sye.
  • Laat sak jou kop en lig, van kant tot kant (herhaal agt keer).
  • Maak halfsirkels met jou kop van regs na links, dan links na regs (herhaal agt keer).
  • Lig jou regterskouer, sak, dan lig jou linkerskouer, sak (herhaal agt keer).
  • Draai regterskouer, dan linkerskouer (herhaal agt keer).
  • Kombineer kop- en skoueroefeninge:

 kop op, af, regs, links, draai

 skouers op, af, draai

 herhaal agt keer.

Jy kan enige kombinasie met hierdie oefeninge doen; bogenoemde is slegs ‘n voorbeeld.

  • Lig arms reguit vertikaal.
  • Bring arms reguit vorentoe.
  • Lig arms reguit bo jou kop.
  • Laat sak reguit arms langs sye.
  • Kombineer armbewegings en herhaal agt keer.
  • Buig bolyf vorentoe en lig (herhaal agt keer).
  • Buig en maak knieë reguit, voete wys vorentoe (soos om op ‘n stoel te sit) (herhaal agt keer).
  • Lig hakke deur op tone te staan en sak (herhaal agt keer).
  • Kombinasie:

 buig bolyf vorentoe en op

 lig hakke en sak

 herhaal agt keer

Kombineer nou al die oefeninge – begin by die kopoefeninge en herhaal vier keer. Die opwarming moet nie minder as drie minute en nie meer as tien minute duur nie.

Aktiwiteit 2

Om met die robotdans die maniere waarop liggaamsdele individueel en in kombinasie kan beweeg te illustreer

Slegs na die opwarming kan daar met die dans begin word.

Hierdie dans kan met musiek uitgevoer word. Hip Hop, Rap of Funk sal die beste werk met die Robot Dans.

 Kies drie beweegbare liggaamsdele, bv. kop, linkerbeen, regterarm.

 Beweeg die drie liggaamsdele na mekaar.

 Kombineer en isoleer twee of drie liggaamsdele in eenvoudige koördinasies, bv. kop-, arm- of beenbewegings.

 Wys jou kombinasie (dans) vir die res van die klas en laat hulle jou dans namaak.

 Dink daaraan om jou dans in ‘n reguit lyn uit te voer.

 Dink daaraan om jou dans in ‘n patroon te dans.

Aktiwiteit 3

Om met die hansworsdans (a) die maniere waarop liggaamsdele individueel en in kombinasie kan beweeg, en (b) die kombinasie van klank en beweging te illustreer [lu 4.1, 4.2]

Wanneer jy die Hansworsdans doen, dink daaraan om klanke met jou stem by jou bewegings te voeg.

Jou dans moet die volgende bewegings en klanke insluit:

Spronge : Klank: “Uh”

 spring op een voet

 spring op twee voete

 spring van twee na een voet

 voeg armbewegings by

 voeg kopbewegings by

Beweging : Klank; “A”

 beweeg vorentoe terwyl jy spring

 beweeg agtertoe terwyl jy spring

 beweeg na regs, kyk vorentoe, terwyl jy spring

 beweeg na links, kyk vorentoe, terwyl jy spring

Draai : Klank: “Sh”

 draai ‘n beweegbare deel van jou liggaam, bv. kop of arm

 draai bolyf

 draai in verskillende grade (volle draai, halwe draai, kwart - draai)

 hop (draai terwyl jy hop)

 tree (bv. loop in ‘n sirkel)

Kombineer hierdie drie bewegings geleidelik terwyl jy fokus op die verskillende vlakke beskikbaar (hoog, middel, laag), bv. kombineer ‘n sprong op een voet en draai na ‘n ander ruimte.

  • Stemklanke moet met elke beweging gedoen word.
  • Dink aan die kostuums en grimering vir so ‘n Hansworsdans.
  • Gebruik al die ruimte tot jou beskikking.
  • Gebruik groot gebare.
  • Probeer al jou beweegbare liggaamsdele gebruik.
  • Maak jou eie klank op.

Aktiwiteit 4

Om die liggaam en spiere af te koel en te strek[lu 4.2]

Dit is belangrik dat jy jou spiere strek na elke klas. Indien jy nie strek nie, sal jou spiere styf en seer voel die volgende dag.

Kies stadige, rustige musiek.

 Asemhalingsoefening

 Staan met voete heupwydte van mekaar af, arms hang langs sye.

 Asem in deur die neus terwyl jy jou arms bo jou kop lig.

 Asem uit deur jou mond, laat sak arms en buig knieë terselfdertyd.

 Herhaal vier keer.

 Nek strek

 Lig regterarm reguit bo kop, sit arm oor kop, raak die linkerkant van jou kop met jou regterhand.

 Trek jou kop stadig na jou regterskouer en laat sak jou linkerskouer.

 Herhaal aan die linkerkant.

Arm strek : neem jou regterarm oor jou bors en trek die arm met die linkerhand na jou liggaam toe – herhaal aan die linkerkant.

Bolyf strek : lig albei arms reguit bo jou kop en probeer die dak raak terwyl jy jou bolyf strek.

Rug strek : buig knieë, knieë en voete wys vorentoe – leun vorentoe en plaas hande op jou knieë – strek rug op (soos ‘n kat) en laat sak (herhaal vier keer).

Hampees- en kuitstrek : Sit een voet voor die ander, maak knie reguit – buig die been wat agter is – lig die tone van die reguit been, hou jou hak op die vloer – buig jou bolyf stadig vorentoe, hou jou rug reguit – herhaal aan die ander kant – hou strek vir agt tellings.

  • Bobeen strek: Staan regop, voete heupwydte van mekaar af – lig een been na agter, buig jou knie (hak na boud) – hou die ondersteunende been effens gebuig – hou en trek jou voet na jou boud met jou hand – jy kan jou ander arm reguit langs jou sy lig vir balans – hou strek vir agt tellings.
  • Skud alle beweegbare liggaamsdele uit
  • Herhaal asemhalingsoefening

Assessering

LEERUITKOMS 4: UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.1 die verskillende maniere waarop liggaamsdele individueel en in kombinasie kan beweeg, verken;

4.2 eksperimenteer deur stem en liggaam te kombineer in klank en beweging.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask