<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tabel 2

Huishoudelike herwinningsdata

Herwinbareafval Totale Hoeveelheid (kg) Prys per KG Totaal
Metaal (aluminium) R8,20
Papier 55c
Plastiek 85c

2.1 Bereken hoeveel geld iemand sal verdien wat 750 kg metaal per week versamel.

2.2 Ontwerp ‘n grafiek om die data van tabel 2 te illustreer.

2.3 Watter materiaal skep die meeste afval?

2.4 Watter materiaal is die winsgewendste om te versamel en aan herverkopers te verkoop?

Aktiwiteit 3:

Om te demonstreer dat jy begryp hoe materiale (plastiek) herwin kan word.

[lu 2.2]

Plastiek is die moeilikste van alle materiale om te herwin. Die rede hiervoor is dat daar baie verskillende soorte plastiek is. Plastiek is ook nie ‘n natuurlike stof nie. Plastiek is nie bio-afbreekbaar nie, dus sal dit nie mettertyd in die opvulterrein roes of vergaan nie.

  • Daar is tog baie plastiekprodukte wat gemerk is sodat verbruikers kan weet watter plastiek herwin kan word. Die herwinningsproses vir plastiek verloop gewoonlik so: Dit word skoongemaak, in vlokkies opgesnipper en gesmelt om korrels te maak wat dan in die finale vorm gegiet kan word. So word plastiese melkkratte, motormatjies en so meer gemaak. Brandende plastiek gee giftige of irriterende dampe af wat lugbesoedeling vererger. Omdat die herwinning van plastiek soveel probleme skep, word slegs 5% - 10% van alle plastiek herwin. Navorsers is hard besig om bio-afbreekbare plastiek te ontwikkel wat weens bakteriese werking of blootstelling aan die sonlIg sal disintegreer.

3.1 Verduidelik die term “nie-bio-afbreekbaar”.

3.2 Maak ‘n lys van produkte wat in plastiekhouers verpak word.

3.3 Waarom is plastiek so ‘n gewilde verpakkingsmateriaal?

3.4 Skryf ‘n paragraaf oor waarom plastiekafval so ‘n groot probleem is.

  • Glas is ‘n sterk, deursigtige materiaal wat gebruik word vir vensterruite, bottels, glase, en so meer. Dit het ‘n paar ongewone eienskappe – dit smelt maklik, is chemies onaktief en daarby is dit goedkoop, want die hoofbestanddeel van glas is sand.
  • Daar is in baie dorpe en stede bottelbanke waar ‘n mens jou glasafval kan weggooi. Party plekke het selfs twee verskillende houers: een vir gekleurde glas en een vir wit glas. Die glas word dan daarvandaan na ‘n herwinningsaanleg geneem waar dit skoongemaak en fyngebreek word. Die afvalglas word “breekglas” genoem. Dit smelt teen ‘n laer temperatuur as die grondstof waarvan glas gemaak word. So word op beide energie en grondstof bespaar. Baie firmas gee selfs ‘n groter deposito op hul leë bottels as wat deur ‘n herwinningsaanleg betaal word.

4.1 Noem twee voordele van glas.

4.2 Noem die nadele van glas waaraan jy kan dink.

4.3 Wat maak die glas wat in ‘n motor gebruik word anders as gewone glas?

4.4 Wat is glasvesel?

Aktiwiteit 5:

Om te demonstreer dat jy begryp hoe materiale (papier) herwin kan word.

[lu 2.2]

  • Mense gooi elke dag tonne papier weg. Daar is maniere waarop papier bymekaargemaak kan word sodat dit gebruik kan word om nuwe papier te maak. Wanneer papier herwin word om so wit te wees as skryfpapier, moet alle drukkersink van die afvalpapier verwyder word. Die afvalpapier word in bale geplaas en later in fyn stukkies opgesnipper. Daarna word dit in ‘n pulpmasjien ingevoer wat dit verpulp. Warm water en chemikalieë wat bygevoeg word, help om die papiervesels te skei en die ink te verwyder. Bytsoda word gewoonlik hiervoor gebruik. Papier van ‘n swakker gehalte, soos koerantpapier, word net met water gemeng om pulp te vorm wat dan in die papiervervaardigingsmasjien ingevoer word.
  • Papier word van hout gemaak. Omtrent 35 miljoen bome sou elke jaar gered kon word as afvalpapier en -karton herwin en verpulp kon word om nuwe papier te maak. In sommige tropiese lande is groot hardehoutwoude vernietig deurdat die volwasse bome afgekap is. Dit word “ontbossing” of “bosvernietiging” genoem. Dit kan baie skadelik wees vir die omgewing, want dit laat die grond kaal wat veroorsaak dat die grond maklik deur die tropiese reënbuie weggespoel word.
  • Bome verskaf ook suurstof wat ons almal nodig het om te kan lewe. Bome bied ook skuiling en woonplek vir baie diere. Gelukkig vind herbossing nou in baie dele van die wêreld plaas. Bome is een van die natuurlike hulpbronne wat vervang kan word deur nuwe aanplantings.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask