<< Chapter < Page Chapter >> Page >

(Vooroordeel / partydigheid)

/3/

(b) Die volgende mense erken dat hul partydig optree:

Tant San se stout seun Jan is altyd soet, sê sy. Pasqual se ma maak altyd die heerlikste kos.Thembo se hond is die beste in die hele Afrika.

Wees nou eerlik en skryf ‘n saak/persoon neer waaroor jy partydig voel. /1/

/10/

LU 1 AS 1.5 LU 3 AS 3.2 AS 3.3
  • Lees die volgende vra-en-kla-brief wat in die TygerBurger , ‘n streekkoerant verskyn het en voer daarna die opdragte wat volg, uit.

BRON B

Woensdag 10 JULIE 2002 Saak gestel oor optogVOLGENS ’n koerantberig het die stad besluit om rommelstrooiers te beboet of tronk toe te stuur.Op die oomblik gooi betogers eenvoudig die vullishouers in die straat uit ten aanskoue van die stadspolisie, verkeer en polisie.Ons vraag is nou: as mense betoog, word hulle dan gevrywaar van alle wetsootre­dings?Ek en mede-winkeleienaars was toe ge­noodsaak om die straat weer skoon te vee.ONTEVREDE SAKELUIParowPieter Cronjé, direkteur: kommunikasie, Stad Kaapstad, reageer:Dit is korrek dat verhoogde boetes ingestel is om die onwettige storting van rommel hok te slaan. ’n Opmars deur ’n groot groep stakende werkers is egter ’n emosie-belaaide saak wat met omsigtigheid hanteer moet word. Die stadspolisie en SAPD se primêre taak is om so ’n optog dop te hou en beskerming teen intimidasie en geweld te verleen.Die stadsraad kan nie die gedrag van stakende vakbondlede goedkeur nie. Hulle het nie die voorwaardes vir die optog nagekom nie en dit sal met die bestuur van die vakbond bespreek word. Met die no­dige getuienis en verklarings word daar ook dissiplinêr opgetree teen werkers weens oortredings.Die stad bedank graag die winkel­eienaars wat gehelp het met die opruiming van die straat. Van die veiligheidpersoneel het trouens self ná die optog help skoon­maak. Lesersbriewe moet gerig word aan Lesers­forum / Readers’ Forum, Tyger­Burger , Posbus 747, Bellville 7535, of faks dit na 021 946 1971. Die e-pos-adres is: tyger@dieburger.com.

Groepaktiwiteit : demokrasie-oefening

Stap 1 : Verdeel in groepe en beskryf enige optog of betoging wat julle gesien het. Volgens die demokratiese beleid moet elke persoon sy beurt kry.

Stap 2 : Die groep kies die interessantste vertelling. Twee derdes van die groep moet saamstem oor watter vertelling die interessantste is.

Stap 3 : Die groep kies nou die persoon wat die vertelling aan die klas gaan oordra, dit wil sê, die persoon wat gaan rapporteer. Die rapporteerder hoef nie noodwendig die oorspronklike verteller te wees nie.

Terugrapportering vind eers in die volgende periode plaas, groeplede moet in hul groepe bly sit, tot na die voltooiing van die demokrasie-oefening.

Stap 4 : Die groep se besluit oor ‘n leerder se bydrae tot die groep is geldend, nie die leerder s’n nie.

BELANGRIK:

  • Indien die klas voel dat hul prestasie as demokratiese groepe nie goeie samewerking toon nie, behoort die klas hierdie oefening (later) weer te doen.

Selfassessering

Skryf nou die swakpunte in jou vertelling tydens Stap 1 van die demokrasie-oefening.

LU 3 AS 3.4 LU 3 AS 3.7
  • Jy het nou reeds heelwat geleentheid gehad om aan Geskiedenisaktiwiteite deel te neem. Assesseer jou vordering met behulp van die assesseringsruit op die volgende bladsy.

Aktiwiteit 2 : skryfoefening : kommunikasie

  • Skryf nou jou eie brief aan die koerant, volgens die patroon van Bron B.

Opskrif :Saak gestel oor …

Paragraaf 1 :Sê wat die rede vir jou brief is.

Paragraaf 2 :Stel jou vraag.

Paragraaf 3 :Sê waarom die saak vir jouself so belangrik is.

Afsluiting :Skryf ‘n gepaste skuilnaam neer.Jou adres en die datum.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne];
1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne];
1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne];
1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]:
  • die opbou van sy eie argumente en interpretasie gebaseer op die historiese bronne (wat uitgebreide skryfwerk, kunswerke, grafieke en dramas insluit);
  • informasie tegnologie waar beskikbaar en toepaslik te gebruik om sinvol te kommunikeer.
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 verbande tussen geskiedkundige gebeurtenisse en prosesse in verskillende kontekste in dieselfde tydperk begin trek [chronologie en tyd];
2.2 verstaan dat daar ‘n verskil in die belangrikheid van gebeurtenisse se oorsake en gevolge is [oorsaak en gevolg];
2.3 veranderinge in ‘n groter historiese en omgewingskonteks verduidelik [kontinuïteit en verandering];
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne];
3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne];
3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne];
3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne];
3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede];
3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede];
3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask