<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Soveel nasies – soveel sendings!

Hoekom nie almal se pogings koördineer?

  • Die rede : hoe meer pogings, hoe groter die mate van sukses. Baie sendings slaag nie as gevolg van lanserings-, wentel- of landingsprobleme. So sal Nasa binne ’n tydperk van 15 maande drie landingspogings aanwend.
  • Na afloop van die Columbia-tuigontploffing is weer vrae gevra oor die waarde van ruimteondersoeke. Die slotsom, in die woorde van Bill Readdy, ’n NASA-administrateur tydens die Colombia-tragedie: “Pushing the frontiers of space is dangerous”, asook dié van President George Bush: “Our journey into space will go on…”

Die Dieper Hemelruim – “DEEP SPACE”

  • Dit is hier waar sterre gebore word en waar die sogenaamde “black holes” voorkom.

Lewensiklus van ’n STER

  • ’n Ster begin as ’n gaswolk.
  • Die gaswolk verhit as gevolg van gravitasiekragte.
  • ’n Kernreaksie begin en ’n ster word gebore.
  • Soos wat kerne omskakel, raak dinge al hoe warmer.
  • Die kern verhit al hoe meer en die oppervlak koel af.
  • So swel die ster uit – nou noem ons dit ’n rooi reus (‘red giant’).
  • Lae word afgewerp, die binnekern stort ineen en so word ’n wit dwerg (“white dwarf” ) gevorm.
  • Dit sal oor sowat 5 biljoen jaar met ons son gebeur!
  • Wanneer ’n ster sterf, ontplof dit in ’n supernova – dit is so helder soos ’n miljoen sonne!
  • Die gedeelte wat oorbly, kan òf ’n neutronster òf ’n pulsar òf ’n “black hole” genoem word;
  • ’n “Black hole” ontstaan as materie tot ’n punt van oneindigheid saamgepers word en alles insuig, insluitend lig.

Kleure van STERRE

  • Hoe witter ’n ster, hoe warmer is dit en hoe helderder gloei dit;
  • Hoe rooier, hoe koeler en hoe dowwer;
  • Rooi sterre wat helder is, is dus nader en wit sterre wat dof is, is baie ver.

Helder STERRE in die HEMELRUIM

  • Indien jy in die Suidelike Halfrond is en suid kyk (m.a.w. die son het aan jou regterkant gesak), sal jy twee helder sterre sien. Dit is α-Cen, ook bekend as Alpha Centauri en β-cen of Beta Centauri. Saam noem ons hulle die aanduiders of die “pointers”, aangesien hulle na die Suiderkruis wys.
  • α-Cen is ons naaste ster as jy nie die son in ag neem nie.
  • Kom ons bereken of dit moontlik is om ’n pendeltuig na α-Cen te stuur.
Beskrywing Berekening
Aarde tot by α -Cen 4,26 lig jaredus:4,26 x 9,5 x 10 12 km= ......................... 10 afgerond
Pendeltuig spoed 10 km.s -1
Tyd na α -Cen 4x 10 13 / 10 = 4x 10 12 sek(Spoed = afstand / tyd)
Hoe lank is dit in mense-leeftyd van 70 jaar? 70 x 365 x 24 x 3 600 sek= 2,2 x 10 9 sekdus:4 x 10 12 sek / 2,2 x 10 9 sek1 812 lewensjare
Dus redelik onmoontlik op hede!

Aktiwiteit 2:

Om vrae oor die dieper hemelruim te beantwoord

1. Waarom moet die mens ruimteprogramme hê en ondersoeke in die ruimte loods?

2. Stel ’n vloeidiagram van die fases van ’n ster se lewe saam.

3. Noem twee maniere waarop satelliete tans ’n rol in jou lewe speel.

4. Verklaar die volgende internasionale terme:

Red giant
Black hole
Space probe
White dwarf
Supernova
Pulsar

5. Noem die internasionale voordeel van die IRS vir die mens.

Assessering van “DEEP SPACE”-VRAE:

a) Verstaan jy die terme?

b) Kon jy die vloeidiagram korrek doen?

c) Het jy begrip oor motivering vir ruimteprogramme?

[LU 2.1; LU 2.2; LU 3.1]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ’n menslike aktiwiteit verstaan;

3.2 die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

VRAE

1. om meer uit te vind oor moontlikhede buite ons planeet

2. gaswolkverhittingkragtekernreaksieuitswellinglae afgewerpbinnekern stort ineenontploffing/supernovaneutron of “black hole” bly oor

3. telekommunikasie, televisieuitsendings, weervoorspellings

4.

Red giant Uitswelstadium in ster se lewensloop
Black hole Vervalstadium aan einde van ’n ster se lewe
Space probe Ruimteondersoeke
White dwarf Ineenstorting van ’n ster
Supernova Finale ontploffing lei tot gaswolke
Pulsar Neutronster of oorblyfsel
5.
  • chemiese reaksies
  • landbouprodukte
  • kweking van selle
  • medisyne teen VIGS en ander siektes
  • nuwe metaalallooie
  • waarskuwingstelsels teen reusagtige asteroïedes
  • moontlik ook eendag ’n halfwegstasie tussen die aarde en die res van ons sonnestelsel

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask