<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Uitgebreide patrone:

POLSSLAE in 4-maatslag
1 en 2 en 3 en 4 en
1 X X X X 2 X X X X X X X X 3 X X X X X 4 X X X X X 5 X X X X X 6 7

b) Ritmiese patrone: trom

Om hierdie patrone op die trom uit te voer, vereis ‘n sekere mate van vaardigheid.

  • Besluit vooraf watter handtegnieke jy gaan gebruik.
  • Wissel die hande met elke hou af.
  • Herhaal elke patroon vier maal.
  • OEFEN, OEFEN, OEFEN! Hier volg riglyne van hoe enkele van die patrone op die trom uitgevoer kan word. Eksperimenteer self met verskillende tegnieke! Linkshandiges kan die hande omruil om sodoende die sterker hand, m.a.w. die linkerhand, vir die sterker polsslag te gebruik.Sleutel:

3. RITMIESE FRASES EN SINNE

Wanneer ons praat, word ‘n sin onderverdeel in frases en hierdie frases word gewoonlik aangedui met ‘n komma (nie finaal nie) wat asemhaling impliseer. Aan die einde van ‘n sin is daar ‘n punt – ‘n finale stop of asemhaling. Om struktuur aan musiek te gee, word dieselfde beginsel toegepas – dit lei die luisteraar.

In musiek bestaan ‘n sin gewoonlik uit agt mate. Die sin kan weer onderverdeel word in twee frases van vier mate elk.

Skematiese voorstelling: Elke blokkie stel ‘n maat voor (vier of drie tellings).

Om ‘n ritmiese sin van agt mate te skep, sal ons in hierdie module van herhaling gebruik maak.

Herhaling is ‘n kragtige komposisie-tegniek: die brein herken die ritmiese patroon sodra dit herhaal word. Volg die opvoeder se instruksies en bou sinne!

Aktiwiteit 2:

Om musiekfrases te improviseer en te skep

[lu 1.7]

Om musiek te improviseer, beteken om ‘n storie d.m.v. klank te vertel. Wanneer ‘n storie ‘n paar maal vertel word, verskil elke weergawe van die vorige – die storie sal nooit twee keer presies dieselfde wees nie.

So ook wanneer musiek geïmproviseer word: elke uitvoering verskil en weerspieël sy eie indiwidualiteit en uitdrukking. Die note wat gespeel word, kan vergelyk word met die styging en daling van die stemtoon of die aksies tydens die vertelling van ‘n storie. Soos wanneer ‘n storie vertel word, moet die musiek ook in frases en sinne gedink en gespeel word, anders sal dit stokkerig klink.

Om te improviseer beteken dus dat jy jou eie musiek skep. Hierdie skepping moet egter binne ‘n spesifieke raamwerk t.o.v. van maatslag en struktuur geskied.

Jy moet eksperimenteer met klank en ritmiese patrone skep solank dit binne die gegewe raamwerk is t.o.v:1. Die maatslag (3- of 4-tyd)

2. Ritmiese struktuur: frases en sinne (4 + 4, ens.)

Volg die opvoeder se instruksies vir die volgende:

  1. Tromsirkel
  2. Bosbrand

In die tromsirkel gaan jy aanvanklik slegs enkele mate improviseer wat dan uitgebrei word tot frases en sinne in die Bosbrand.

Soos in soveel ander fasette van die lewe is samewerking in hierdie groeps-aktiwiteit uiters noodsaaklik! Die belangrikste vereistes is die volgende:

  • Konsentrasie en geheue
  • Luister na die ander spelers
  • Volg die maatslag – behou die polsslag
  • Behou die fase-struktuur

Geniet dit!

Aktiwiteit 3:

Om in g-majeur te lees

[lu 1.8]

1. Jy het reeds kennis gemaak met C-majeur. Op die klavier beteken dit dat al die note wat gebruik word, wit note is.

  • Uit hoeveel trappe bestaan die toonleer?
  • Die opvoeder speel voor. Watter trap is verander?
  • Wat noem ons die simbool wat gebruik is om aan te dui dat die spesifieke noot hoër gespeel/sing moet word?
  • Skryf die G-majeur-toonleer en dui aan die veranderde noot.
  • WENK: Die G-sleutel dui die G-noot (die tweede lyn) aan.
  • Voeg die lettername by

2. Die opvoeder sal vir julle fotostate gee van die notasie van die Click Song en Nkosi Sikelel’i Africa ! In die notasie is hierdie twee liedere deurmekaar geskommel.

  • Knip die mate uit en herbou die twee liedere soos ‘n legkaart!
  • WENK: Klassifiseer eers al die mate volgens die maatsoort; 3- en 4-slagmaat!
  • Sing die verskillende mate, klap die ritmes en laat die woorde en herhalings wat voorkom jou lei.
  • Sodra die mate sinvol agtermekaar volg, kan jy dit in plak.
  • Voeg die lettername van die note by.
  • Kan jy dit sing? Kan jy dit op die klavier speel?

Aktiwiteit 4:

Om ‘n klingel oor menseregte te komponeer

[lu 1.9]

Stap 1

Luister na die opname/s wat die opvoeder aan jou voorspeel.

Stap 2

Dit is sedert die Tweede Wêreldoorlog dat menseregte ‘n kwessie geword het. Gedurende hierdie tydperk gebruik ook “klassieke” komponiste van die twintigste eeu musiek as universele taal, om die tema “menseregte” oor te dra.

- Noem ‘n voorbeeld van ‘n twintigste eeuse komponis:

- Kan jy kortliks die agtergrond omtrent die werk/e waarna jy geluister het skets?

Stap 4

Luister na Know your rights – The Clash.

Stap 5

Beantwoord die volgende vrae;

Wat is die tema van die lied?

Watter drie regte word hier gepropageer?

Wat sê die lied omtrent regverdigheid?

Wat is die (historiese) gebeure rondom die lied?

Stem jy saam met die idees en oplossing in die lied?

Stap 6

Bestudeer weer die Handves van Kinderregte, sowel as die verantwoordelikhede wat daarmee gepaard gaan, soos uiteengesit in Leereenheid 1 (drama 1.2).

Opsie 1

Komponeer ‘n klingel oor menseregte

‘n Klingel is ‘n kort musikale idee wat kommersieel gebruik word vir advertensie-doeleindes. Skryf jul eie klingel: “Ken jou regte” wat gebaseer is op Kinderregte (dit kan een of meer wees) en die verantwoordelikheid wat hiermee gepaard gaan. Luister na klingels oor die radio. Die klingel kan gebaseer wees op ‘n bestaande lied, rymklets (rap) of sing-praat (chanting).

OF

Opsie 2

Komponeer ‘n begeleiding vir ‘n uitvoering of aanbieding oor menseregte.

Volg die riglyne soos uiteengesit in aktiwiteit 4.2 (‘n Bosbrand) en komponeer ‘n begeleiding vir die dans in Leereenheid 2 Aktiwiteit 2.3

Stap 7

Hierdie opdrag word in klein groepies as tuiswerk gedoen en dan aan die klas voorgedra.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK
1.6 kombineer en meng verskillende tromspeltegnieke en perkussiepatrone om ritmiese sinne te vorm;
1.7 improviseer en skep musiekfrases deur begrippe soos gemoedstemming, vorm en kontras te gebruik;
1.8 lees en sing of speel die toonleer en eenvoudige melodieë in G-majeur;
1.9 komponeer musiek, liedjies of wysies rondom menseregtevraagstukke of om ‘n opvoering of aanbieding oor menseregte te begelei.

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask