<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Kaartwerk

Module 1

Kaartsimbole en kaarte

1.Wat is ’n simbool?

  • Onthou jy nog dat voorwerpe anders lyk as jy hulle van die kant af sien as wanneer jy hulle van bo af sien?
  • So, byvoorbeeld, is padtekens prentjies van voorwerpe. Ons noem dit SIMBOLE. ‘n Kaart is eintlik ook maar net ‘n prentjie van wat jy ver onder jou sien as jy hoog bo uit die lug afkyk na die grond.
  • Oor baie jare het die mense wat kaarte teken, simbole vir elke afsonderlike voorwerp ontwerp. Hierdie simbole word deur almal erken en het dus dieselfde betekenis vir almal, anders gaan niemand verstaan wat op ‘n kaart geteken is nie.
  • Hierdie erkende simbole word dan onderaan kaarte aangedui en word die SLEUTEL van die kaart genoem.

Aktiwiteit 1:

Om die posisie van plekke op 'n kaart aan te dui

[lu 1.4]

Kom ons kyk na die kaart van die dorpsplan waar Tom woon en probeer dan die vrae wat volg, beantwoord.

TOM SE DORPSPLAN

Sleutel Berg/heuwelBomePaaieGeboueSportvelde

Gestel jy staan by Tom se skool. In watter rigting lê die volgende?

  • die heuwel
  • die Munisipale sportvelde
  • die sportstadion
  • die klubhuis

Jou onderwyser kan vir jou ‘n kaart van jou eie dorp uitdeel. Voorbeelde van sulke dorpsplanne is gewoonlik by jou dorp se munisipaliteit, toeristeburo of die petrolvulstasies beskikbaar.

Aktiwiteit 2:

Om 'n eenvoudige sketsplan te teken

[lu 1.4]

Gebruik nou die kennis wat jy sover opgedoen het en teken ‘n eenvoudige sketsplan van hoe jy van die skool na jou huis/jou vriend se huis moet ry / loop.

Onthou:

  • gebruik kaartsimbole met ‘n duidelike sleutel;
  • dui straatname aan waar bekend;
  • jou plan moet ‘n duidelike opskrif hê;
  • dui die roete met rooi aan.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

  • bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
  • inligting kategoriseer;
  • sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken;
  • ‘n indeks gebruik om plekke op wêreldatlaskaarte te vind;

deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

Memorandum

Aktiwiteit 1

  • W/SW
  • S
  • SO
  • N

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask