<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Bevolking: verspreiding en digtheid in die rsa

Module 25

Wie woon waar

Wie woon waar en waarom?

Bevolkingsverspreiding van Suid-Afrika

Aktiwiteit 1

Om digbevolkte gebiede in suid-afrika op ‘n kaart te identifiseer

[lu 1.1; 1.3]

Gebruik ‘n atlas saam met die kaart hierbo en identifiseer vyf stedelike gebiede met ‘n groot en digte bevolking. Gebruik die provinsiale grense om akkuraat te kan werk.

Natuurlike faktore wat bevolkingsverspreiding beïnvloed

A. Die rol wat die ontdekking van minerale by die vestiging van mense in Suid-Afrika gespeel het

Nadat diamante teen ongeveer 1870 naby Kimberley ontdek is en goud in 1886 aan die Witwatersrand, het groot bevolkingsverskuiwings in Suid-Afrika plaasgevind. Tot op daardie stadium het mense redelik verspreid in die binneland gewoon. Van oral oor het mense na die goud- en diamantvelde gestroom en groot konsentrasies mense het gevorm. Binne ‘n kort tyd het stede ontstaan waar daar vroeër mense yl verspreid ‘n bestaan uit boerdery gemaak het.

Ontginning van minerale

Behalwe die mynboubedrywighede het ander bedrywe ook ontstaan. Fabrieke wat mynboutoerusting vervaardig, is opgerig, asook nywerhede om in die daaglikse behoeftes van die mense te voorsien. Handelaars het hulself gevestig om al die vervaardigde goedere te verkoop. ‘n Mineraal veroorsaak dikwels dus net die vonk wat ‘n groot ontwikkeling aan die gang sit en aan die gang hou.

Johannesburg, met goud as basis van vestiging, het as myndorp ontstaan en het binne 100 jaar tot ‘n wêreldstad ontwikkel. Sou alle goudmyne in sy onmiddellike omgewing uitgeput raak, sal dit hoogstens die ekonomie van die stad knou, maar die stad sal voortgaan om ‘n wye verskeidenheid dienste te lewer en só steeds werk aan miljoene mense verskaf.

B. Meer as net minerale het ‘n groot invloed op vestiging

Nie net minerale het ‘n groot invloed op vestiging nie. Daar is talle vissersgemeenskappe aan die kus wat ‘n lewe uit die see maak en op ‘n plek woon waar daar ‘n natuurlike hawe is of waar een op ‘n geskikte plek gebou is. VISSERY is dus die basis van vestiging en dan speel nywerhede wat produkte aan die visbedryf lewer of vis verwerk, ‘n groot rol as werkverskaffer. Op baie plekke in Suid-Afrika is LANDBOU die basis van vestiging, op ander plekke weer is dit BOSBOU.

Mynbou, landbou, bosbou en vissery word primêre bedrywe genoem. Dit kom eerste in die volgorde van die bedrywe. Die primêre bedrywe lei tot die sekondêre bedrywe waar die primêre produk verwerk word. Aan die rand van die primêre en sekondêre bedrywe is daar die handelsektor wat sorg dat alle produkte gekoop en verkoop word. In die hele proses speel vervoer ook weer ‘n belangrike rol en waar daar so baie bedrywe aan die gang is, moet daar dienste gelewer word.

Om te verstaan hoe al hierdie prosesse aan mekaar skakel, is belangrik, maar vir die doel van hierdie werkstuk oor vestiging is die belangrikste om te weet dat dit mense is wat in al hierdie bedrywe werksaam is. En hoe meer produkte en bedrywe op ‘n plek voorkom, aan hoe meer mense sal daar werk verskaf word, en hierdie mense moet iewers woon.

Aktiwiteit 2

Om beroepe te kategoriseer

[lu 1.3]

Hier volg tien stellings. Merk die stad/stede af waarna daar verwys word.

Raadpleeg die kaarte van Suider-Afrika in jou atlas. Op dié kaarte sal jy ‘n magdom inligting vind wat jou sal help om elke keer die regte keuse te maak.

Johannesburg Durban Kaapstad
By hierdie stad is geen noemenswaardige mynboubedrywighede nie.
Nywerhede wat toerusting aan die goudmyne verskaf.
Hier naby is baie werkgeleenthede in die suikerbedryf.
Die visbedryf is hier ‘n groot werkverskaffer.
Baie groot bevolking, maar water kan ‘n probleem word.
Baie dienste word aan mynbedryf in algemeen gelewer.
Hier rond word die land se digste spoornetwerk aangetref.
Die grootste stad in Suid-Afrika.
Die hoofstad van die kleinste provinsie.
Hoofstad van die provinsie met die grootste bevolking.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik [vind bronne];

tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];

inligting kategoriseer [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

1.7 deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Kaapstad

Durban

Johannesburg

Pretoria

Questions & Answers

summarize halerambos & holbon
David Reply
the Three stages of Auguste Comte
Clementina Reply
what are agents of socialization
Antonio Reply
sociology of education
Nuhu Reply
definition of sociology of education
Nuhu
what is culture
Abdulrahim Reply
shared beliefs, values, and practices
AI-Robot
What are the two type of scientific method
ogunniran Reply
I'm willing to join you
Aceng Reply
what are the scientific method of sociology
Man
what is socialization
ogunniran Reply
the process wherein people come to understand societal norms and expectations, to accept society's beliefs, and to be aware of societal values
AI-Robot
scientific method in doing research
ogunniran
defimition of sickness in afica
Anita
Cosmology
ogunniran
Hmmm
ogunniran
list and explain the terms that found in society
REMMY Reply
list and explain the terms that found in society
Mukhtar
what are the agents of socialization
Antonio
Family Peer group Institution
Abdulwajud
I mean the definition
Antonio
ways of perceived deviance indifferent society
Naomi Reply
reasons of joining groups
SAM
to bring development to the nation at large
Hyellafiya
entails of consultative and consensus building from others
Gadama
World first Sociologist?
Abu
What is evolutionary model
Muhammad Reply
Evolution models refer to mathematical and computational representations of the processes involved in biological evolution. These models aim to simulate and understand how species change over time through mechanisms such as natural selection, genetic drift, and mutation. Evolutionary models can be u
faruk
what are the modern trends in religious behaviours
Selekeye Reply
what are social norms
Daniel Reply
shared standards of acceptable behavior by the group or appropriate behavior in a particular institution or those behaviors that are acceptable in a society
Lucius
that is how i understood it
Lucius
examples of societal norms
Diamond
Discuss the characteristics of the research located within positivist and the interpretivist paradigm
Tariro Reply
what is Industrialisation
Selekeye Reply
industrialization
Angelo
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask