<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 7

Ekonomiese beginsels

Module 3

Om ‘n wins te toon

Aktiwiteit 1:

Om te bepaal of ‘n handelaar ‘n wins maak op die produk wat hy verkoop

[lu 3.1]

‘n Sekere handelaar verkoop piesangs langs die straat. Hy bereken sy uitgawes deeglik en maak seker dat die volgende ingesluit is:

  • vervoerkoste;
  • salaris van sy helper;
  • koste van sakkies waarin hy dit verpak.

Hy tel alles sorgvuldig bymekaar en bereken hiervolgens wat ‘n piesang sal kos. Dan tel hy ‘n redelike winsgedeelte vir homself by en gaan verkoop sy piesangs.

  • Sal hierdie handelaar definitief ‘n wins maak? Gee redes vir jou antwoord.

Ten einde ‘n winsgewende besigheid vir ‘n lang periode te bedryf, is sekere aspekte baie belangrik:

  • Behandel jou kliënte met respek. Sonder hulle het jy geen besigheid nie.
  • Vind uit watter produkte en dienste waar benodig word.
  • Moenie oornag probeer ryk word nie. Jou kliënte moet jou produkte / dienste kan bekostig.
  • Maak seker dat jou produkte aantreklik uitgestal word. Die kliënte moet goed voel in hul koopomgewing.

1. Kompetisie

Verkopers probeer geld maak om vir hulself en hul gesinne te sorg.

Dit is dus belangrik vir ‘n verkoper om met ander verkopers te kompeteer ten einde die verbruiker te oortuig om by hom te koop. Hy moet voortdurend nuwe en beter metodes om sy produkte te vervaardig soek, sodat hy dit goedkoper / teen ‘n groter wins kan verkoop. Hy sal baie foute maak en die besigheid mag dalk misluk.

2. Die verbruiker

Die sakeman moet homself altyd die vraag afvra:

“Wie gaan my produkte koop?”

Dit is sy MARK. Hy moet vooraf besluit op watter mark hy homself gaan toespits.

Onthou:

  • Sonder die verbruiker (jou kliënte) kan jou besigheid nie bestaan nie.
  • Jy moet in die verbruiker se behoeftes voorsien.
  • Luister as verbruikers praat of klagtes het.
  • Wees altyd vriendelik.
  • Gee altyd goeie diens.
  • Bied die beste kwaliteit teen die beste prys.
  • Bied altyd dieselfde gehalte diens.
  • Wees sensitief vir jou verbruiker se behoeftes en pas jou produk diensooreenkomstig aan.
  • Wees kreatief en maak aanpassings aan die produkte ten einde die spesifieke verbruikers te bevredig.
  • Leer jou verbruikers ken en bou ‘n persoonlike verhouding met hulle op.

Aktiwiteit 2:

Om ‘n behoeftebepaling te maak vir die produk wat jy wil verkoop

[lu 4.1, 4.2]

Jy beplan om ‘n speelgoedwinkel te open. Voltooi die volgende verbruikersontleding en doen ‘n behoeftebepaling deur ‘n kruisie te maak waar van toepassing.

Babas Seuns2 – 6 Dogters2 – 6 Seuns7 – 12 Dogters7 – 12 Tiener- seuns Tiener- dogters Mans Vrouens
Sagte speelgoed
Poppe
Legkaarte
Afstandbeheerde speelgoed
Modelmotors&-vliegtuie
Balle
Rekenaarspeletjies
Fietse
Driewiele

Indien jy nou ‘n studie maak van die spesifieke kliënte uit daardie omgewing wat by jou sal koop, het jy ‘n goeie idee watter voorraad om aan te skaf.

3. Entrepreneurskap

  • Definisie

Die woord is ontleen van die Franse woord “entreprendre”. “Entre” beteken “toetree”, terwyl “prendre” die werkwoord vir “om te neem” is. Hieruit kan dus afgelei word dat ‘n entrepreneur iemand is wat ‘n bepaalde taak onderneem.

‘n Entrepreneur is iemand wat die vermoë het om sakegeleenthede raak te sien, wat die moed het om die geleentheid te benut en dit te bestuur om wins te maak.

  • Eienskappe van ‘n entrepreneur.
  • Verkies om vir homself te werk.
  • Dink nuut en oorspronklik.
  • Skep werk vir ander.
  • Het waagmoed.
  • Het deursettingsvermoë.

Kan jy aan nog ‘n paar dink?

  • Waarom begin mense hul eie ondernemings?

Bespreek dit in jul groepe en skryf ‘n paar moontlike redes neer:

  • Kan jy ‘n entrepreneur wees?

Beantwoord die volgende vrae so eerlik moontlik:

Kenmerke JA NEE
Ek het idees hoe om geld te maak.
Ek het al geld gemaak met my idees.
Ek sal my eie besigheid wil hê.
Ek maak dikwels planne van my eie.
Ek het waagmoed.

Indien jy hoofsaaklik JA geantwoord het, kan jy dit beslis oorweeg om ‘n entrepreneur te word.

GEDAGTES OM TE ONTHOU!

“’n Besigheid is ‘n geleentheid om die verbruiker te bedien deur sommige van sy behoeftes te bevredig.”

“’n Suksesvolle besigheid is ‘n geleentheid om die behoeftes van die verbruiker te dien en in die proses geld te maak.”

SHELDON SE WETTE

Wanneer jy ‘n besigheid begin, neem dinge drie keer so lank as wat jy beplan het.

Wanneer jy ‘n besigheid begin, benodig jy twee keer soveel geld as wat jy beplan het.

Assessering

LU 3
BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSI Ë LE KENNIS EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 verduidelik die rol van beplanning, organisering, leierskap en beheer (bv. finansiële en prosedurele kontrole) in ‘n sakeonderneming.
LU 4
ENTREPRENEURSKENNIS EN –VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en –houdings te ontwikkel.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 vergelyk noodsaaklike eienskappe en vaardighede wat nodig is om ‘n entrepreneur te wees uit twee eenvoudige gevallestudies van entrepreneurs in eie gemeenskap;
4.2 gebruik tegnieke om idees te stimuleer en aanbevelings te doen oor hoe gemeenskapshulpbronne gebruik kan word om inkomste op ‘n verantwoordelike manier te genereer.

Memorandum

Aktiwiteit.2

  • Aan die hand van ‘n ontledingsvraelys word die leerders gelei om te bepaal wie presies die verbruiker is wat hulle wil teiken.
  • Deur die beantwoording van eenvoudige vrae word die leerders bewus van spesifieke eienskappe waaraan ‘n entrepreneur moet voldoen om sukses te help verseker.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask