<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 9

Die kerntydperk en die koue oorlog

Module 12

Die jackdaw- of houerprojek

Aktiwiteit 1:

Om ’n aspek van die koue oorlog na te vors aan die hand van historiese ondersoek, historiese kennis en begrip, en historiese vertolking

[lu 1.1 – 1.5, 2.1, 3.1 -3.3]

Jackdaw of houerprojek (navorsingstaak)

  • Baie onderwysers verkies dat leerders ’n onafhanklike navorsingstaak doen.
  • Die taak voldoen aan beide navorsings- en kreatiewe vaardighede.
  • Al die werk is die leerder se eie skeppings. Die leerder sal self sy/haar eie dagboek, briewe, koeverte, ens. ontwerp.
  • Enige onderafdelings van ander onderwerpe kan ook bygetrek word.
  • Tydperk van afhandeling is gewoonlik 2 - 3 maande.

Voorgestelde onderwerpe

  • Die Berlynse muur, 1961
  • Kubaanse Missielkrisis
  • Wapenwedloop
  • Ruimtewedloop
  • Internasionale Ruimtestasie
  • Hongaarse Opstand, 1956
  • Poolse Opstand deur Solidariteit, 1980
  • Russiese inval in Tsjeggo-Slowakye, 1968
  • Viëtnam
  • Koreaanse Oorlog
  • Spioene van die Koue Oorlog
  • Die Berlynse Lugbrug
  • Reagan en Gorbachev
  • NAVO
  • Marshallplan
  • Konflik in die Midde-Ooste
  • Stalin se rol in die Koue Oorlog
  • Sluipmoord op Kennedy, 1963
  • Hiroshima en Nagasaki, 1945

Instruksies aan die leerders

Wat is ‘n jackdaw- of houertaak?

  • ’n Houer/doos/lêer van enige soort wat die volgende stukke werk bevat:

Inligtingsvelle

  • Elke houer moet ongeveer VIER inligtingsvelle (A4) bevat waarin die bewyse/bronne wat in die Jackdaw aangetref word, verduidelik /in perspektief /in konteks geplaas word. Daar word verduidelik hoekom dié bronne gebruik is en hoe hulle by die onderwerp inskakel.

Kaarte

  • Moet relevant, netjies en in raam wees. Geen rekenaargegenereerde kaarte sal aanvaar word nie.

Spotprente

  • Moet jou eie skepping wees (ten minste een) of ’n oorspronklike een kan gebruik word, maar dit moet duidelik in konteks geplaas wees.

Dokumente

  • Dit kan werklike dokumente wees, primêr of sekondêr, of nagemaakte dokumente. Laasgenoemde moet egter op ware feite berus. Dokumente sluit, onder andere, in: briewe, offisiële dokumente, koerantartikels/knipsels, tydskrifartikels, plakkaat, dagboek, militêre bevele en kleinerige artikels bv. briewemes, kompas, ens.

Gedig

  • Moet jou eie skepping wees. Sluit aan by die onderwerp.

Foto's en diagramme

  • Werklik of denkbeeldig. Illustrasie verkieslik deur jouself. Moet by die onderwerp aansluit. Alle illustrasies moet ’n opskrif hê en in ’n raam wees.

Tydlyn

  • Verduidelik ander belangrike gebeure rondom jou onderwerp.

’n stel vrae oor die onderwerp

  • Vrae wat in totaal 20 punte tel moet deur jou oor jou onderwerp opgestel word. Jy moet ook ’n memorandum voorsien.

Bibliografie

  • Alle Bronne moet aangetoon word:
  • Boeke Danzinger, C: Lord Charles Somerset , Oxford Press, 1980)
  • Tydskrif Time Magazine , Vol 5, Junie 1999
  • Koerante Die Burger , 10 Mei 2003
  • Webtuistes (External Link) (Cold War Hot Links)

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n onderwerp ondersoek deur kernvrae te stel en ‘n verskeidenheid relevante bronne te identifiseer om die onderwerp te ondersoek [vind bronne];
1.2 belangrike en sinvolle vrae stel om bronne te evalueer (bv. om partydigheid en stereotipes, weglatings en gapings te identifiseer) [werk met bronne];
1.3 die inligting in die bronne ontleed [werk met bronne];
1.4 ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aanbied en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse) [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip oordra deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied [kommunikeer die antwoord].
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk plaas [kronologie];
2.2 kategorieë oorsake en gevolge identifiseer (bv. onmiddellike en langtermyn-, regstreekse en onregstreekse oorsake en gevolge) [oorsaak en gevolg];
2.3 die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis verduidelik en ontleed [oorsaak en gevolg];
2.4 verstaan dat verandering en ontwikkeling nie altyd vooruitgang beteken nie [verandering en kontinuïteit].
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 die omstrede aard van inhoud, en dat historici geskiedenis opstel wanneer hulle oor gebeurtenisse in die verlede skryf verstaan ]bronne interpretasie];
3.2 ‘n interpretasie gegrond op bronne opstel en gee redes vir eie interpretasie [bronne interpretasie];
3.3 vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed ontleed [invloede op interpretasie];
3.4 die maniere waarop simbole gebruik word verduidelik om gebeurtenisse en mense uit die verlede te onthou, en hoe mondelinge geskiedenis tot ons begrip van die simbole kan bydra [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask