<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Geskiedenis

Graad 4

Geskiedenis begin in ons eie omgewing

Module 8

Adam small

Hier is ‘n kykie in die lewe van Adam Small, een van S.A. se bekendste digters.

Aktiwiteit 1

Hoe om bronne te bestudeer en vas te stel of die inligting feite of menings is [lu 3.2]

Feit: Dit wat jy kan bewys Mening: Iemand se opinie(a) Bestudeer meegaande bronne en besluit dan of die stellings op die volgende bladsy feite of menings is.

Bron 1

So is ek in Afrikaans gebore, op Wellington in die Kaap. As ‘n kind is ek op my ma se arms Robertson toe. Ek het so agt jaar oud grootgeword in die verlatenheid van Goree: ‘n eensame klein buitewyk van Robertson. Want dis soheen waar ons verhuis het, net na my geboorte. My pa, as onderwyser, het “meester” gaan word vir daardie mooi en stowwerige hartseer-kinders en hul ouers . . . die plaasarbeider-mense van Goree se kontrei. Naby waar die Rooibergse wyne vandaan kom, waar die Breërivier deur die Boland loop.

Daar het ek die planeet, en spesifiek ons eie Suid-Afrikaanse aarde en meer spesifiek die rooi-oranje grond van Goree vir die eerste keer lief leer kry. Onder meer deur die taal wat my pa, my eerste en seker die beste onderwyser, my geleer het. Afrikaans.

(Verwerk uit: Die Burger , 29 Augustus 1991)

Bron 2

By Goree het my pa my ‘n lei en griffel in die hand gegeeen gesê skryfHy’t geglo dis werk hy was immers meester registerhouer van die skool en scriba van die kerk. Dit was nagmaaltyd by Goree (ons praat op Engels van communion).You see, it is going to be Eastertime and Mamma, who had adopted Pappa’s faith, Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk . . . well, she has to bake some bread.For the Easter service . . . To thank God.Nagmaal . . . Communion.

Bron 3

Adam Small is op 21 September 1936 op Wellington gebore. Sy eerste nege lewensjare bring hy in Goree deur, ‘n buitewyk van Robertson. Daarna is hy na Heathfield, Kaapstad. Sy laerskoolonderrig was Gereformeerd en sy hoërskoolonderrig Katoliek. In 1954 is hy na die Universiteit van Kaapstad; hy behaal die B.A.-graad in 1956 en B.A.-Honneurs in filosofie in 1957. Hy studeer ‘n paar maande in die buiteland en aanvaar dan ‘n lektoraat aan die universiteit van Fort Hare. Hy word later dosent aan die Universiteit van Wes-Kaap, en is na ‘n onderbreking weer aan dié universiteit verbonde.

(Uit: Groot Verseboek )

a) Bron 2 is Adam Small se verslag van sy eie lewe.

....................................................................................................................

b) Bron 1 behoort vir ons te sê presies hoe lank hy op Goree gebly het.

..............................................................................................................................

c) Bron 1 is nader aan die werklikheid as bron 2.

..............................................................................................................................

d) Bron 3 verskaf egter die ware feite oor Small se lewe.

............................................................................................................................

e) Bron 1 sê sy pa was ‘n skoolhoof.

............................................................................................................................

f) Bron 3 bewys dat Adam Small in 1936 te Wellington gebore is.

............................................................................................................................

Nog ‘n paar kopkrappers vir jou oor feite en menings!

  • 321Uit watter bron kan jy aflei dat hy kerk toe gegaan het terwyl hy in die hoërskool was? (kleur in)
  • Kan jy uit enige bron aflei dat Adam Small verkies het om eerder Afrikaans as Engels te praat? (kleur in)

JANEE

  • Watter feit uit bron 1 stem met bron 2 ooreen ? (DINKSKRUM)
  • Wat sou iemand wat in Robertson belangstel, kon leer uit bron 1? (Gesels eers met jou maat daaroor!)
  • 321Watter bron sou jy gebruik as jy vir jou onderwyser meer van Adam Small wou vertel? (kleur in) Waarom?
    • Wat bewonder jy van Adam Small?
  1. Ontwerp nou jou eie STROKIESPRENT (6 blokke) waarin jy die belangrikste feite oor sy lewe vertel. Geniet dit! (Gebruik ‘n skoon blad). Onderskei tussen feite en menings.

Assessering

Leeruitkoms 3: historiese interpretasie

Die leerder is in staat om aspekte van geskiedenis te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • Onderskei tussen feite en menings:

is bekend met die vraag “Hoe weet ons dit?” en ook die antwoorde daarop;

verstaan dat hedendaagse bronne kan verskil van dit wat later geskryf word;

verstaan en maak afleidings van dokumentêre sowel as werklike bronnemateriaal.

Memorandum

(a) Al die stellings is menings. (Leerders sou ‘n saak kon uitmaak dat sekere stellings feite is!)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11090/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask