<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Thandi skryf ‘n storie oor die films wat by die skool vertoon is, naamlik “Slinkse planne”.
Die drie boewe – Jakkals, Muishond en Slang beland in die moeilikheid en word deur Koning Leeu gestraf.
Interessante besprekings oor hongersnood, diefstal, geweld, straf, betogings vloei hieruit.
Leerders lees en ontleed raaisels en neem deel aan telefoongesprekke.
fl-, fr-, spr-, str- en die eindklanke -ts, -mp, -nk, en -ks word behandel. Leerders voltooi ‘n werkvel met woorde wat dieselfde klink maar anders geskryf word.
![]() |
![]() |
![]() |
||
![]() |
![]() |
![]() |
||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() |
|||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Ouma Rosie, Mammie, Pappa en Themba sit aandagtig en luister na die storie wat Thandi geskryf het oor die filmvertoning by die skool. Haar storie se naam is ..........
Jakkals kom gaap-gaap uit sy skuilplek onder die bos uit.
“Ek is honger”, sê hy. “Ek het drie dae laas iets geëet. As ek nie nou kos kry nie, gaan ek dood van die honger”. Hy sluip druipstert om die bos en sien vir Muishond onder die takke lê.
“Muishond! Muishond!” roep hy hard. “Word wakker! Jy moet asseblief vir my kom help. Ek gaan dood van die honger. Gister het ek amper ‘n kwartel gevang, maar toe ek nader kom, vlieg hy weg. Hy het natuurlik weer net gemaak asof hy ‘n seer vlerk het”.
“My lyf is seer, Jakkals. Ek het vier dae laas geëet. Die kos is baie skaars in die bos. Ek weet nie wat van ons gaan word nie.” Muishond draai om en raak dadelik weer aan die slaap.
LU 1.3 | LU 3.3 | LU 4.3 |
Hoe goed het jy geluister?
1. Jakkals is slinks.
2. Jakkals is in die moeilikheid.
3. Gewoonlik word jakkalse in stories as helde beskou.
4. Muishond is Jakkals se vyand.
5. Muishond is ook honger.
6. Jy is jammer vir Jakkals.
7. Jy is jammer vir Muishond.
ek het vier dae laas geëet die kos is baie skaars
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?