<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 5

Waar tafelberg begin

Module 8

Inheemse plante en diere

  1. Van die bekendste botaniese tuine in die wêreld, is die Kirstenbosch Botaniese Tuin wat teen die oostelike hange van Tafelberg geleë is. In hierdie tuin groei daar byna 6 000 inheemse plantsoorte. Daar is ook baie voëlsoorte en diersoorte, o.a. jakkalse, muishonde en tarentale.

Slaan die volgende woorde na en skryf hulle betekenisse neer:

botaniese

inheemse

Hier volg nou ‘n skets van ‘n toneeltjie in die Kirstenbosch Botaniese Tuin waarop ons ‘n klompie diere sien. Kyk of julle die diere kan identifiseer met behulp van die raaiselrympies. Voorsien dan die sketse van die diersoorte van byskrifte:

Eekhorinkie

Sy stert is wollerig en dik,daar sit hy in die boom se mik.Vinnig en rats is dié klein knaap,maar nie familie van die aap!

Brilwewer

Kyk net hoe vlytig weef en vlieg hy.Sowaar, sy nes hang oor die water.Sy sorg en vernuf verbaas my:veilig bly sy kuikens later!

Tarentaal

Sy lyf is groot en bont gespikkel,tog vlieg hy sonder ‘n gesukkel.Sy kop is kleurvol en mooi helder,In die Kaap sien jy hom baie, en nie selde!

Muishond

Sy koppie is klein en sy beentjies is kort,maar die lyf en stert kan nogal lank word.Sy jassie is grys en sy kloue is swart;hy woon onder die rots of sommer in ‘n gat.

Dassie

‘n Mens sou kon sê hy is vet,Let op dat hy geen stertjie het!Hy sit nou en bak in die son op ‘n klip,maar as die son skuif, sal hy agterna wip.

Lees die rympies vir mekaar voor in die groep.

  1. Hierdie is ‘n baie klein deeltjie van Kirstenbosch soos gesien vanuit die lug. Weet julle wat ‘n kruietuin is? In Engels is dit ‘n “herb garden”. ‘n Mens kry natuurlik baie kruiesoorte. Gebruik ‘n woordeboek en slaan die Afrikaanse name van die volgende kruiesoorte na. Doen dit sommer saam in julle groep.

Lavender: Rosemary:

Thyme: Mint:

Basil: Parsley :

Waarvoor word kruie gebruik? Besluit saam as ‘n groep op ‘n antwoord en skryf slegs een sin neer.

Hieronder volg ‘n resep vir botterbroodjies waarvan kruie ‘n baie belangrike bestanddeel is:

Bestanddele:

1 koppie meelblom 1 koppie gerasperde kaas 1 teelepel gemengde kruie 1 teelepel hoenderekstrak 2 teelepels bakpoeier ½ teelepel mosterd 1 eier geklits½ koppie melk

Metode:

  • Verhit die oond tot 200 °C.
  • Plaas die meelblom, kaas, kruie, hoenderekstrak, bakpoeier en mosterd in ‘n mengbak en meng liggies met ‘n houtlepel.
  • Voeg die eier en melk by en roer deeglik.
  • Rol deeg liggies uit op ‘n plank wat met meelblom bestrooi is.
  • Gebruik ‘n koekiedrukker of ‘n glas om die deeg uit te druk.
  • Plaas die botterbroodjies op ‘n gesmeerde bakplaat.
  • Bak tien minute lank in die vooraf verhitte oond.

Ek hoop julle is nou sommer honger en lus om ook iets te ete te maak!

Besluit op ‘n maklike resep wat julle in die klas kan demonstreer. (Dit kan ongelukkig nie iets wees wat gebak moet word nie.) Voorbeelde van wat julle kan maak is:

‘n toebroodjie

‘n slaai

‘n nagereg, bv. jellie of ‘n pakkie kitsnagereg

‘n koppie koffie of tee

Skryf eers jou resep neer. Onthou om sowel die bestanddele as die metode neer te skryf!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask