<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe

Aardrykskunde

Graad 8

Kaartwerk

Module 13

Die kaartnaam van topografiese kaarte

  1. Die kaartnaam van topografiese kaarte

Die RSA topografiese kaarte word geteken aan die hand van graadvierkante .

Elke graadvierkant word aangedui deur ’n getal wat uit vier syfers bestaan. Hierdie syfers word saamgestel uit die waardes van die breedte- en lengtegrade by die kaart se noordwestelike hoek.

  • Die geskakeerde blok is die kaartvel waarmee tans gewerk word.
  • Wat sê dit alles?
  • 2228 CD verteenwoordig die volgende:
  • 22 = 22º breedtelyn (suid)
  • 28 = 28º lengtelyn (oos)
  • C = vierkant word in vier blokke verdeel wat 30' van ’n graad voorstel en word altyd in die volgorde AB benoem. CD
  • B = die groot vierkant C word weer in vier blokke verdeel wat 15' van ’n graad voorstel. Dit word ook in die AB volgorde benoem. CD

Elke graadvierkant word dus in sestien 1:50 000 topografiese velle verdeel.

AKTIWITEIT 1

[LU 1.2]

1. Deur gebruik te maak van ’n voorstelling, dui die ligging van die volgende 1:50 000 topografiese kaartvelle aan.

  • 2822 DA
  • 3528 BC

2. Watter kaartvel lê direk noord van 2822 DA?

3. Watter kaartvel lê direk oos van 3528 BC? .

4. Watter kaartvel lê wes van 2822 DA? .

5. Watter kaartvel lê suid van 3528 BC?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Aardrykskundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid geografiese en omgewingsbronne identifiseer en selekteer wat relevant tot die navorsing is;1.2 inligting vanaf kaarte en atlasse, asook grafiese en statistiese bronne, interpreteer;1.3 afstandberekening doen op kaarte en dit vergelyk met werklike afstand;1.4 fisiese en mensgemaakte eienskappe op lugfoto’s en kaarte identifiseer.

Memorandum

Aktiwiteit 1:

  1. 2822 BC.
  2. 3528 BD.
  3. 2822 CB.
  4. 3528 DA.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask