Afrikaans eerste addisionele taal
Graad 5
Die dier met die ontdekkingsgier
Module 11
Huberta se roete
Hierdie is ‘n kaart van die roete wat Huberta gevolg het. Sommige van die name van die plekke is nie meer dieselfde nie, maar dis soos wat dit bekend gestaan het toe Huberta op haar ontdekkingstog gegaan het.
- Soeklees
Gebruik die kaart om die vrae te beantwoord.
- Wanneer het Huberta se reis begin?
- Waar is sy op 22 November 1928 gesien?
- Watter oseaan is langs die kus?
- Huberta het in Maart by Umhlanga aangekom. Gedurende watter maand is sy weer daar weg?
- Waar was sy in Desember 1929?
- Wanneer was sy by Port St. Johns?
- By watter rivier het Huberta se reis geëindig?
- Wanneer het haar reis geëindig?
[LU 3.3.1]
- Werkwoorde
Werkwoorde soos loop, sit, kyk, skryf en lees sê wat ons doen.
Kyk na die prentjies en skryf wat hulle doen.
Ons kan werkwoorde op drie maniere gebruik.
Om te sê wat ons gedoen het (verlede tyd).
Om te sê wat ons doen (teenwoordige tyd).
Om te sê wat ons sal doen (toekomende tyd).
VOORBEELD:
Huberta het geswem. | Verlede tyd | |
Huberta swem. | Teenwoordige tyd | |
Huberta sal swem. | Toekomende tyd |
Voltooi die tabel met die tye.
Verlede tyd.Voeg het ge - by. | Teenwoordige Tyd | Toekomende TydVoeg sal by. |
Huberta het baie ver geloop .Baie mense Die koerant ‘n Man Hulle Sy Sy Seekoeie | Huberta loop baie ver.Baie mense sien haar.Die koerante skryf oor haar.‘n Man neem ‘n foto.Hulle praat van haar.Sy bly in water.Sy vlug soms.Seekoeie lê graag in die son. | Huberta sal baie ver loop.Baie mense Die koerant ‘n Man HulleSy Sy Seekoeie |
Selfassessering onder leiding van die opvoeder.
[LU 6.2.3]
‘n Hartseer storie
3. Luister nou terwyl jou opvoeder lees hoe arme Huberta dood is.
- Skryf slegs JA of NEE op die volgende vrae (a) tot (h) wat julle opvoeder nou gaan vra.
[LU 1.1.1]
4. Die nuus van Huberta se dood het gou bekend geword. Die mense was woedend. Almal het gewonder wie vir Huberta geskiet het en hoekom. Die polisie het dadelik na die skuldiges begin soek. Op 21 April 1931 is Huberta dood en op 21 Mei het die skuldiges polisie toe gegaan en erken dat hulle Huberta geskiet het.
‘n Tienjarige seun, Johan Butler, het ‘n brief aan die koerant geskryf om te sê hoe hy voel. Lees sy brief.
Roosstraat 5
Ferndale
1700
5 Mei 1931
Beste Meneer
Ek was baie jammer om te hoor dat Huberta, die seekoei, doodgeskiet is. Die mense was baie wreed. Ek hoop die polisie vang hulle gou. Hulle moet sommer swaar gestraf word.
Groete
Johan Butler
Jy gaan nou ook ‘n kort briefie skryf om te sê hoe jy daaroor voel dat Huberta doodgeskiet is. Kyk mooi na Johan Butler se briefie. Skryf jou adres en vandag se datum op dieselfde plek.
- Gesels nou in julle groepe oor watter tipe straf die skuldiges moet kry. Elke groep kies ‘n leier wat aan die res van die klas sê wat julle besluit het.
[LU 2.1.3]
6. Mondeling
Elke groep gaan nou rolspeel hoe die polisie die skuldiges ondervra. Verdeel in groepe van ses. Die karakters is as volg:
- Die boer : Nico Marx
Seun no.1 : Piet Marx
Seun no. 2 : Jaco Marx
Buurman : Johan Hattingh
Polisieman/vrou no.1 : Sersant Roos
Polisieman/vrou no. 2 : Konstabel Jones