KOPKRAPPER!
Kan jy die volgende bereken soos die Egiptenare dit duisende jare gelede gedoen het?
15 × 241
Kontroleer jou antwoord met ’n sakrekenaar.
Het jy geweet?
Ons kan ook so van VERDUBBELING gebruik maak wanneer ons wil vermenigvuldig:
2 × 280 = (200 + 200) + (80 + 80)= 400 + 160= 560
Aktiwiteit 5:
Om ‘n reeks tegnieke te gebruik om bewerkings met heelgetalle te doen [lu 1.10.4]
1. As jy goed na die voorbeeld hierbo gekyk het, sou jy gesien het dat dié metode van verdubbeling verskil van Egiptenare s’n. Kan jy die volgende bereken deur presies net so te verdubbel?
1.1 2 × 1 430 =
1.2 2 × 2 315 =
2. Ons wil graag die kortste metode moontlik in Wiskunde gebruik omdat dit baie tyd, moeite en papier spaar. Bereken weer die produk deur verdubbeling, maar gebruik nou ‘n korter metode as jy kan!
2.1 2 × 14 820 =
2.2 2 × 36 947 =
3. Daar is nog ‘n tegniek wat jy kan gebruik om die produk te bereken! Jy kan verdubbel en halveer ! Dit maak dit vir jou makliker om met die “groot” getalle te vermenigvuldig. Kyk goed na die volgende:
126 × 5= 63 × 10 (halveer 126 ; verdubbel 5)= 630
Kan jy die produk vind deur verdubbeling en halvering ?
3.1 50 × 24
3.1 5 × 346
KOPKRAPPER!
Kan jy die ontbrekende antwoorde invul SONDER om ’n sakrekenaar te gebruik??
48 | × | 12 | = | 576 |
_____ | × | 24 | = | 576 |
12 | × | _____ | = | 576 |
6 | × | _____ | = | 576 |
_____ | × | _____ | = | 576 |
64 | × | 10 | = | 640 |
32 | × | _____ | = | 640 |
_____ | × | 40 | = | 640 |
8 | × | _____ | = | 640 |
_____ | × | _____ | = | 640 |
Kan jy die patroon raaksien?
Aktiwiteit 6:
Om te bereken deur geselekteerde bewerkings te gebruik [lu 1.9.2]
1. Kom ons kyk nou na die vermenigvuldiging met veelvoude van 10 en 100. Soos ons deur die voorbeelde werk, sal jy sien dat daar sekere reëls is wat jy kan volg om die produk te bereken. As jy hierdie reëls toepas, kan jy antwoorde bereken sonder om lang bewerkings op papier te doen. Werk saam met ‘n maat en skryf die produk van die volgende neer:
- 10 × 6 = ______________ ;
- 10 × 60 = ____________ ;
10 × 600 = __________ en
10 × 6 000 = ____________
- 10 × 9 = ___________ ;
- 10 × 90 = _____________ ;
10 × 900 = ________ en
10 × 9 000 =___________
1.3 10 × 15 = __________ ;
10 × 150 = ___________ ;
10 × 1 500 =_____________
- 10 × 26 = _________ ;
- 10 × 260 = __________ ;
10 × 2 600 = _____________
Kan julle ’n reël neerskryf vir die vermenigvuldiging van enige getal met 10?
2. In die volgende aktiwiteit gaan ons kyk na vermenigvuldiging met veelvoude van 100 . Werk saam met dieselfde maat en skryf die produk neer van:
2.1 100 × 8 = ________ ;
100 × 80 = ___________ ;
100 × 800 =____________
2.2 100 × 13 = ____________ ;
100 × 130 = ____________ ;
100 × 1 300 = ____________
2.3 100 × 27 = ___________ ;
100 × 270 = _____________ ;
100 × 2 700 =___________
- Skryf ’n reël neer vir die vermenigvuldiging van enige getal met 100.
Aktiwiteit 7:
Om die eienskappe van vermenigvuldiging met heelgetalle te herken en te gebruik [lu 1.12.3]
- In ons vorige module het ons na die assosiatiewe en kommutatiewe eienskappe van optelling gekyk – onthou jy nog? Ons kry soortgelyke eienskappe van vermenigvuldiging. Wil jy weet hoe dit werk? Balanseer dan die volgende deur die ontbrekende faktore in te vul.