Natuurwetenskappe
Ekosisteem en omgewingsbalans
Opvoeders afdeling
Memorandum
Opdrag 11:
- Leeu
- Blouwalvis (grootste soogdier)
- Vlermuis
- Miervreter en krimpvarkie
What do you remember?
(i) ‘n Ekosisteem word gevorm deur alle lewende organismes wat mekaar en hul omgewing onderling beïnvloed
(ii) lug; water; son en grond
(iii) organisme – materie – energie
(iv) plante (produseerder); ruspes (primêre verbruiker); voëls (sekondêre verbruiker)
(v) perd; olifant
(vi) Karnivore is vleiseters en herbivore is planteters
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om te onderskei tussen herbivore, karnivore en omnivore [lu 1.2, lu 2.1, lu 2.2]
3. MAKROVERBRUIKERS
(a) HERBIVORE
Hulle eet saadpeule, gras, blare en groentes. Hulle eet nie vleis nie en jag dus nie. Hulle word egter deur karnivore gejag. Hul liggame is aangepas om by hul leefwyse en eetgewoontes te pas.
Hulle het groot ore en hoor dus besonder goed. Party is gestreep (bv. koedoe, njala, sebra, ens.) om hulself te kamoefleer. Baie karnivore sien net skakerings van grys, swart en wit. Omdat karnivore nie tussen kleure kan onderskei nie, is die koedoe en ander bokke veilig terwyl hulle stil staan wanneer gevaar dreig.
Die meeste planteters kan baie goed sien. Die oë is weerskante van die kop geleë, wat hulle 'n wye gesigsveld gee. Tesame met hulle goeie reuksin, is herbivore (bv. koedoes, sprinkane, springbokke, skape, konyne, hase, ens.) gedurig bedag op gevaar!
Opdrag 11
Skryf 'n kort verslag oor een van die bogemelde diere deur die oë, ore, reukvermoë, kos en vyande te beskryf.
MY VERSLAG OOR ‘N. . .
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Leerkrag assessering
KRITERIA | 1 | 2 | 3 | 4 |
Navorsing korrek gedoen | _____ | _____ | _____ | _____ |
Data sinvol neergeskryf | _____ | _____ | _____ | _____ |
Verslagdoening volledig | _____ | _____ | _____ | _____ |
(b) KARNIVORE
Soogdiere vorm die grootste groep karnivore. Dit sluit die katfamilie (wildekatte, leeus, luiperds, tiere, en huiskatte) en die hondefamilie (wolwe, jakkalse, vosse, wildehonde en huishonde) in.
Hulle is normaalweg jagters wat eers hul prooi moet vang voordat hulle dit kan eet. Karnivore hoor en ruik goed en het sterk, spits kake om na die prooi te hap en stukke vleis af te skeur. Die oë is aan die voorkant van die kop geleë, dus kan hulle goed fokus en afstand akkuraat skat. Hulle het ook sterk bene wat hulle in staat stel om vinnig en rats te wees wanneer die prooi gejaag word. Hulle hardloop blitsvinnig oor lang afstande sonder om moeg te word.
Karnivore kom oral voor:
- op land _________________________________________________________
- in die see_______________________________________________________
- tussen voël_____________________________________________________
- en in die insektewêreld____________________________________________