- Die verhaal van Antjie Somers is ‘n lekker bangmaakstorie. Dit is nie dieselfde as ‘n spookstorie nie.
Julle opdrag is om nog bangmaakstories te gaan soek. Vra vir Ma en Pa om te help. Met watter bangmaakstories het hulle grootgeword? Hier volg ‘n paar voorbeelde:
- Die Tokkelos (‘n Xhosa verhaal)
- Die Elwekoning
- Daar is ook bangmaakgedigte. Hier volg ‘n paar:
Amakeia : A. G. Visser
Maballêl : Eugene Marais
Makoemazaan die waterman : A.G. Visser
Kom vertel julle bangmaakstories aan die klas.
Die volgende bangmaakgedig is ‘n verwerking van A G Visser se bekende Ruiter van Skimmelperdpan.
Ruiter in die Nag
In die oorlog het daar ‘n berede soldaat,
In ‘n veldslag skielik die lewe gelaat
Toe ‘n bom wat langs hom ontplof,
Sy kop afruk en laat rol in die stof.
Met neusgate wyd het die perd deur ‘n kloof
Gejaag met die man sonder hoof.
Die grusame vrag het bly sit in die saal,
Maar die einde van die pad sou hulle nooit haal.
By ‘n huisie verby waar ‘n vrou staan en kyk.
Sy gil en word bleek soos ‘n lyk,
Want in die afkop-ding herken sy haar Jan!
In die skemer verdwyn die perd en man.
Wee die vreemd’ling wat snags daar skuiling kom soek,
Want die verhaal staan geskryf in geen boek:
Van die huisie wat bouvallig nog staan
In die silwere lig van die maan.
En saam met die wind wat tier deur die kloof,
‘n Perd wat verskyn met ‘n man sonder hoof.
Dis alles te veel vir die menslike oog,
Want die bloed uit sy nek spuit ‘n boog!
En dan uit die vervalle gebou
Verskyn daar meteens ‘n waansinnige vrou.
Met hare orent en vingers wat krul,
Begin die skrikbeeld histeries te gil:
“Hoekom rus jy nie Jannie de Beer?
Waarom kom jy weer en weer?
Elke nag jaag jy my op,
Met jou ewige galop ……….. galop?”
Bly weg van die bouval daar diep in die kloof
Waar ‘n wit perd met man sonder hoof,
En ‘n vrou se waansinnige lag,
Na al die jare op mense steeds wag.
Opdrag 3:
Om die gedig op gevoelvolle en dramatiese wyse voor te dra ter wille van al die akteurs en aktrises in die klas
[lu 2.1]
Ter wille van al die akteurs en aktrises in die klas
- Kies een strofe uit die gedig.
Memoriseer die strofe.
Dra die strofe voor aan die klas. Maak gebruik van oordrewe dramatisering waar nodig.
Onthou, hierdie gedig is veronderstel om ‘n mens koue rillings te gee, want dit is ‘n bangmaakstorie. Maak dus gebruik van gepaste stemtoon (fluister, gil, lag, histerie, ens.)
- Wie wen die Oscar vir die beste toneelspel?
Opdrag 4:
Om te dink en te redeneer oor die betekenis van woorde en uitdrukkings
[lu 5.1.1, 6.4.3]
In, om en uit die gedig
- Wat beteken die volgende woorde?
Skrikwekkend
Waansinnig
Afgryslik
Weersin
Grusaam
- Wat beteken die volgende uitdrukkings?
- Die wind wat tier deur die kloof
- Te veel vir die menslike oog
- “Hoekom rus jy nie Jannie de Beer?”
- Berede soldaat
- “Elke nag jaag jy my op.”
Opdrag 5:
Om inligting te uit die gedig te verkry wat laat blyk dat die gedig verstaan word
[lu 3.2]
- Vrae
- Die perd was wit. Hoekom nie swart of bruin nie?
- Wat is in die kloof?
- Hoekom sê die digter die man se naam is Jannie de Beer en nie byvoorbeeld Kosie van der Merwe nie
- Is die gedig geskryf in omarmde rym (a, b, b, a), gepaarde rym (a, a, b, b) of gekruiste rym (a, b, a, b)?