E konomiese stootfaktore
- Weens ‘n ineenstorting in ‘n land se ekonomie, word mense gedwing om na ander lande te vlug om kos te vind. ‘n Voorbeeld hiervan is die hongersnood wat in Ierland geheers het in 1840 weens die mislukking van die aartappeloes. Sowat 5 miljoen mense het gesterf weens ‘n skaarste aan kos.
O mgewingstootfaktore
- Water speel hier ‘n groot rol – of te min (droogte) of te veel (vloed). In die VSA en Kanada is dit ‘n algemene bedreiging. Dit kan mense dwing om hulle huise te verlaat om te oorleef.
Aktiwiteit 3:
Om deur navorsing voorbeelde van stootfaktore te vind
[lu 1.7]
In groepe
Besoek die biblioteek en vind twee voorbeelde van elk van die volgende stootfaktore:
a) Politieke faktore
b) Ekonomiese faktore
c) Omgewingsfaktore
2.2 Trekfaktore
P olitieke trekfaktore
- Soms kan lande met ‘n demokratiese regering gewild wees as bestemming vir immigrasie. Sommige persone wat in ‘n land woon waar die politieke stelsel baie min vryheid toelaat, mag verkies om die land te verlaat. ‘n Voorbeeld hiervan is die vloei van immigrante vanaf Oos- na Wes-Europa. Dit het egter baie afgeneem na die val van die Berlynse Muur.
E konomiese trekfaktore
- Mense trek graag na gebiede waar daar werksgeleenthede beskikbaar is. ‘n Voorbeeld hiervan is die ontginning van natuurlike hulpbronne, soos olie en goud. Kan jy aan nog ‘n plek of dorp dink wat sy bestaan aan minerale te danke het? Ten spyte van ‘n uiterste klimaat, sal mense steeds na die gebiede gaan om ‘n inkomste te verdien. ‘n Voorbeeld is werkers op oliebore in die Noordsee.
O mgewingfaktore
- Mense verkies om in ‘n gebied te woon met ‘n gematigde klimaat. Hulle vermy gebiede wat of baie warm of baie koud word. Sommige mense verkies weer ‘n baie droë klimaat, weens hulle gesondheid, byvoorbeeld persone wat aan asma ly.
Aktiwiteit 4:
Om deur navorsing inligting oor emigrasie op te spoor
[lu 2.3]
In pare
Soek inligting oor die getal mense wat Suid-Afrika verlaat het weens emigrasie tussen 1993 en 1997. Teken nou ‘n grafiek wat die getal vir elke jaar aandui en stel vas of daar ‘n toename of afname was in die getal persone wat die land verlaat het.
Navorsing
Doen navorsing oor een van die volgende tipe migrante:
a) slawerny
b) gasarbeiders
c) studente
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
LU 2 |
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
Memorandum
AKTIWITEIT 1
- Emigrasie na die buiteland
- Die tekort aan werksgeleenthede
Veiligheidsituasie in Suid-Afrika
Plaasmoorde
Toenemende vlaag van geweldmisdaad in Suid-Afrika, ens.
AKTIWITEIT 2 en 3
Eie antwoorde
AKTIWITEIT 4
Eie navorsing