Natuurwetenskappe
Graad 5
Lewe en lewenswyse
Module 15
Die padda
Aktiwiteit:
Om meer kennis op te doen oor die padda
[lu 1.1, 1.2]
Hierdie diere woon op land en in die water.
Die paddavissie haal eers deur kieue asem en leef slegs in die water. Die volwasse padda haal deur longe asem en kan op droë grond of in die water leef.
Die vel van die padda is slymerig en vogtig.
Paddas gebruik hul agterpote om mee te spring.
Paddas ondergaan ‘n metamorfose, d.i.
- eiers word eers gelê
- paddavissies ontwikkel
- volwasse padda ontwikkel
Opdrag:
Ondersoek en versamel: Groepwerk
- Mag jy padda-eiers of paddavissies uit die water verwyder? Motiveer
- Hoe lank neem dit voor ‘n paddavissie uitbroei?
- Wat eet paddavissies?
- Wat verskyn eerste: die voorpote of die agterpote?
- Gebruik ‘n woordeboek om die woord “metamorfose” te definieer.
- Watter sintuie is by die padda goed ontwikkel?
Hierdie diere woon op land en in die water.
Die paddavissie haal eers deur kieue asem en leef slegs in die water. Die volwasse padda haal deur longe asem en kan op droë grond of in die water leef.
Die vel van die padda is slymerig en vogtig.
Paddas gebruik hul agterpote om mee te spring.
Assessering
LU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ondersoeke beplan;
1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;
1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer;
Memorandum
Opdrag:
- Eintlik mag jy nie. Indien jy paddavissies verwyder vir waarneming, plaas hulle weer terug in dieselfde poel by dammetjie.
- ± 14 dae
- Paddavissies eet waterplantjies en waterdiertjies
- agterpote
- Die verandering vanaf die eier tot ‘n volwasse padda word ‘n metamorfose of ‘n gedaanteverwisseling genoem
- Oë
Aktiwiteit 3.7Om eie kennis van visse uit te breiLU 1.2