Die opvoeder sal aan elke twee leerders ‘n straatblok toeken. Leerders moet dan die inligting oor die grondgebruik op ‘n tabel soos hierbo invul. Daar word ook van leerders verwag om ‘n rowwe kaart te teken van hulle gebied. Dit moet ook die nommers aandui van die erwe indien moontlik.
BELANGRIK : Moet nie alleen ronddwaal in ‘n onveilige gebied nie. Moenie afdwaal van jou groep nie. Opvoeders moet verseker dat die leerders nie in gebiede geplaas word waar hulle in gevaar mag wees nie.
Opdragte vir groepwerk :
Handig julle werkvelle met data in, asook ‘n netjiese kaart wat die deel van die stedelike gebied uitbeeld waar julle die opname onderneem het.
3. Stedelike dienste
Hoe groter die dorp of stad, hoe meer dienste word gewoonlik aangetref. Hoe meer mense daar in ‘n stad woon, hoe meer mense is daar wat dienste verlang. Vir enige besigheid om winsgewend te wees, is daar ‘n minimum aantal persone nodig wat dit kan ondersteun. Vir ‘n apteek is dit nodig dat daar minstens 2 000 mense moet wees wat die besigheid kan ondersteun. Sekere dienste word egter in alle stede aangetref, soos byvoorbeeld ‘n poskantoor, terwyl ander slegs in sekere stede aangetref word, soos byvoorbeeld ‘n universiteit.
Stedelike dienste val in verskillende kategorieë, soos byvoorbeeld:
a) Openbare dienste soos die biblioteek, landdroskantoor, hospitaal, polisiekantoor, skole en kerke.
b) Finansiële en professionele dienste, soos mediese praktisyne, tandartse, veeartse, prokureurs, banke en versekering.
Kommersiële ondernemings soos apteke, juweliers, meubelwinkels, klerasiewinkels en bakkerye, asook slaghuise en motorhandelaars.
4. Stedelike probleme
Stede ondervind ‘n verskeidenheid van probleme weens faktore soos ‘n snelle toename in inwoners wat druk op die gebied se hulpbronne plaas. Die volgende probleme word in meeste stede ondervind:
a) Verkeersprobleme weens groot aantal inwoners wat paaie moet gebruik.
b) Besoedeling weens gasse vrygestel deur fabrieke en motors.
c) Druk op landbougrond op stedelike soom weens die vraag na grond vir ontwikkeling.
d) Verval van geboue in SSK weens ouderdom en gebrek aan instandhouding.
5. Die impak van menslike bedrywighede op die omgewing
Aktiwiteit 3:
Om probleme te identifiseer en oplossings daarvoor te vind
[lu 2.3]
Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat daarop volg:
1. Met watter ernstige probleem het die inwoners van hierdie stad te kampe?
2. Watter stappe kan geneem word om die situasie te verbeter of te verhoed?
3. Watter rol kan herwinning speel in die druk wat die mens se afvalstowwe op die omgewing plaas?
4. Wat sal gebeur as die mense op die aarde aanhou om die omgewing, lug en waterbronne te besoedel?
Verdere opdragte vir groepwerk :
Vind meer uit oor die volgende vorms van besoedeling
- Lugbesoedeling
- Waterbesoedeling
- Grondbesoedeling
Wenke vir die opvoeder:
Die spesifieke module kan met vrug prakties bestudeer word. Moedig die leerders aan om eie inisiatief te neem, asook om te besef wat die waarde is van ‘n verantwoordelike houding teenoor ons natuurlike hulpbronne. Die leerder moet bewus gemaak word van die druk wat menslike bedrywighede, asook menslike ontwikkeling van nedersettings op die natuur het. Die ideaal is om by leerders goeie waardes en verantwoordelikheid teenoor die omgewing aan te kweek.
Assessering
LU 2 |
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
Memorandum
AKTIWITEIT 1
- Min of meer in die middel. Altyd in die mees toeganklikste deel van die stedelike gebied.
- Lae-inkomste behuisingsgebied. Dit is informele behuising, met ander woorde ‘n plakkersgebied. B is ook aangrensend aan ‘n nywerheidsgebied wat dit uiters ongeskik maak vir hoë-inkomste behuising.
- Nywerhede.
- Geen voorsiening is vir sportfasiliteite gemaak nie.
AKTIWITEIT 2
Antwoord volgens die gebied waar jy woon.
AKTIWITEIT 3
- Besoedeling. Die gebrek aan vullisverwydering as basiese diens is die onderliggende probleem.
- Munisipale vullisverwysderingsdiens instel. Die plasing van meer en gratis vullishouers en groot stortingsbakke. Opvoedingsprogramme onder die gemeenskap loods.
Fabrieke in die agtergrond (op die diagram) kan deur wetgewing gedwing word om filters in skoorstene te installeer om besoedeling te verminder.
- Baie belangrike rol. Herwinningshouers kan op sentrale plekke geplaas word. Aparte houers (duidelik gemerk) vir papier, glas en blikke.
- Omgewingsvernietiging sal op so ‘n skaal toeneem dat toekomstige geslagte nie dieselfde kwaliteit lewe op aarde as die huidige geslag sal kan hê nie. Kan lei tot die uitbreek van siektes en epidemies.