Wiskunde
Omtrek, oppervlakte en volume
Opvoeders afdeling
Memorandum
- Groter as die helfte + kleiner as die helfte maak 1 blokkie, en blokkies wat groter as die helfte is, is reeds getel.
19.
a) 30
b) 40
c) 25
d) 35
e) 4 986
f) 2,51
g) 308
h) 71,2
i) 10
j) 40
k) 120
l) 1,743
m) 186
n) 1 528
o) 8,249
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: oppervlakte / area van onreëlmatige figure [lo 4.2, lo 2.5, lo 2.3]
16. Oppervlakte of area van onreëlmatige figure
16.1 a) Werk saam met ’n maat. Hoe sal julle die oppervlakte van hierdie figuur bepaal? Veronderstel dat elke vierkant 1 cm 2 groot is.
_____________________________________________________________________

b) Gebruik nou jul metode en bepaal die oppervlakte!
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
16.2 Het jy geweet?
By onreëlmatige figure kan ons net ’n benaderde oppervlakte bepaal. Ons doen dit deur al die heel vierkante binne die tekening te tel. Ons tel ook die vierkante wat groter as ’n halwe vierkant is, en tel dit by bogenoemde. Die vierkante wat kleiner is as ’n halwe vierkant word nie getel nie. Kan jy sê hoekom nie?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
So word die benaderde oppervlakte dan in cm ² uitgedruk.
Bv.
Heel vierkante : 26
Groter as ’n halwe vierkante : 12
Benaderde oppervlakte :38 cm²
16.3 Trek nou jou hand af op die blokkiespapier hieronder. Veronderstel elke vierkant is 1cm ² .
a) Bepaal die benaderde oppervlakte van jou hand. _______________________
b) Watter klasmaat se hand het die grootste oppervlakte? ___________________
c) Wie se hand se oppervlakte is die kleinste? ___________________________
17 Tyd vir selfassessering
|
Onseker | Redelik seker | Doodseker |
Ek kan die begrip “oppervlakte / area” verduidelik | |||
Ek kan cm ² herlei na mm ² en andersom | |||
Ek kan m ² herlei na cm 2² en andersom | |||
Ek kan km ² herlei na m ² en andersom | |||
Ek kan m ² herlei na hektaar en andersom | |||
Ek ken die formules om die oppervlakte van die volgende figure te bepaal: | |||
|
|||
|
|||
|
|||
Ek kan die oppervlakte van reëlmatige figure bepaal | |||
Ek kan die benaderde oppervlakte van onreëlmatige figure bepaal |
18.1 Kom ons speel ‘n speletjie!
Jy benodig ’n maat, twee dobbelstene, papier en ’n potlood. Speler A is die “omtrek” en speler B is die “oppervlakte”. Julle is albei “reghoeke” en werk in cm.
Speler A gooi die twee dobbelstene en bereken dan die omtrek van ’n reghoek met die twee getalle, bv. 6 en 2. (6 × 2) + (2 × 2) = 16 cm
Speler B bereken die oppervlakte met dieselfde getalle: 6 × 2 = 12 cm 2
Die omtrek is groter, dus kry speler A twee punte. Maak beurte. Die speler wat die meeste punte na 15 rondtes het, is die wenner.
18.2 UITDAGING!
a) Kyk goed na die voorbeeld van die huisplan.
b) Teken nou jul eie huisplan so eenvoudig moontlik.
c) Wat is die vloeroppervlakte van jul huis? _____________________________
d) Hoe groot is julle erf? ____________________________________________
e) Wat is die omtrek van jul motorhuis(e)? _____________________________
f) As julle huis vir ’n half miljoen rand sou verkoop, wat sal die koste per vierkante meter dan wees? _____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
g) As jou ouers nog ’n vertrek van 6,1 m by 3,5 m aanbou, wat sal die oppervlakte van jul huis dan wees?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
19. Kom ons kyk nou eers of jy op jou vorige hoofrekentoets kan verbeter!Voltooi die volgende so vinnig en akkuraat moontlik:
a) 0,6 of 50 = _______________________
b) 0,8 of 50 = _______________________
c) 50% of 50 = ______________________
d) 70% of 50 = ______________________
e) 4,986 x 1 000 = ___________________
f) 0,251 x 10 = ____________________
g) 3,08 x 100 = ______________________
h) 7,12 x 10 = ____________________
i) 25% x 40 = _______________________
j) 100% x 40 = ______________________
k) 300% x 40 = ______________________
l) 174,3 ÷ 100 = _____________________
m) 18,6 ÷ 0,1 = ______________________
n) 15,28 ÷ 0,01 = ____________________
o) 8 249 ÷ 1 000 = ___________________
Ht jy verbeter? ______________________
Assessering
Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos;
Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder berekenings doen deur die geskikte formules te gebruik;
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofrekenberekeninge doen wat kwadrate van natuurlike getalle tot minstens 10 2 en derdemagswaardes van natuurlike getalle tot minstens 5 3 behels.