<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
17.4
a) R179,97
b) R254,58 (afgerond)
c) R10 665
d) R16 794,75
17.5.2
a) 10,7%
b) 10%
17. PERSENTASIE – AFSLAG EN VERHOGING
17.1 Kyk na die volgende advertensies:
17.2 Het jy geweet?
KOSPRYS : die bedrag wat die handelaar vir ’n artikel betaal
MERKPRYS : dis die bedrag op die artikel
VERKOOPPRYS : dit is die prys na afslag
WINS : verkoopprys – kosprys
17.3 Werk saam met ’n maat deur die volgende probleem en oplossings:
(i) Die prys van ’n bakkie margarien is R6,99. As die prys met 10% gaan styg, hoeveel sal jy voortaan vir die margarien moet betaal??
a) Nuwe prys is R6,99 + 10% van R6,99
= R6,99 + 70 c (afgerond)
= R7,69
b) Nuwe prys is (100 + 10)% van R6,99
= 110% van R6,99
= R7,69 (afgerond)
Wie se metode verkies jy? ..................................................
Hoekom? ………………………………………………………………………………
………………………………………………………………………………………….
………………………………………………………………………………………….
(ii) Top Tiener Tooisels het ’n 20% afslag op alle T-hemde. As die hemp oorspronklik R189,90 gekos het, wat sal jy nou daarvoor betaal?
a)
Ek betaal nou net 80% (100% - 20% afslag)
Dus:
= R 151, 92
b)
20% van R189,90 =
Die afslag is dus R37,98
Ek betaal R189,90 – R37,98 = R151,92
Watter metode verkies jy? ..................................................
Hoekom? ………………………………………………………………………………
………………………………………………………………………………………….
………………………………………………………………………………………….
17.4 Wat sal jy vir die volgende items betaal?
17.5.1 Belangrik om te onthou
17.5.2 Deel in groepe van drie. Kan julle bereken hoeveel % afslag op die volgende items gegee is?
17.5.3 Verduidelik jul metodes(s) aan die res van die klas.
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.7: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir probleme wat die volgende behels, te kies en te gebruik:
Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.
Assesseringstandaard 2.7: Dit is duidelik wanneer die leerder die ekwivalensie van verskillende beskrywings van dieselfde verhouding of reël, bepaal, ontleed en interpreteer, wat soos volg voorgestel word:
2.7.1 woordeliks.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 7' conversation and receive update notifications?