<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 7

Suksesvolle sakebestuur

Module 4

Leierskap en bestuur

Leierskap en Bestuur

  • ‘n Leier is ‘n persoon wat die vermoë het om ander mense te lei. Hy stap heel voor en moet die pad aandui en in die regte rigting loop.
  • ‘n Bestuurder is die leier van ‘n onderneming. Hy lei nie net die mense wat saam met hom werk nie, maar moet ook besluite neem wat belangrik is vir die maatskappy se vooruitgang.

‘n Leier en ‘n bestuurder het dus basies dieselfde funksie as die kaptein van ‘n rugby- of netbalspan. Hulle wil almal graag aan die hoof van ‘n wenspan wees, daarom weet hulle dat dit in ‘n groot mate van hulle afhang of hul span gaan wen of verloor.

Aktiwiteit 1:

Om die leiers van “spanne” te identifiseer

[lu 3.1]

Wat noem ons die volgende persone?

  • Die bestuurder van ‘n skool
  • Die bestuurder van ‘n kerk
  • Die bestuurder van ‘n hospitaal
  • Die bestuurder van ‘n polisiestasie
  • Die bestuurder van ‘n boot

DIE BEHOEFTE AAN ‘N BESTUURDER

Een van die bestuurder van enige onderneming se belangrikste take is om mense te bestuur. Elke jaar stroom duisende mense van die platteland na die stede om werk te soek. Ons noem dit verstedeliking . Die meeste van hierdie mense is ongeskoolde arbeiders. Met ander woorde, hulle het geen opleiding gehad nie. Dit is belangrik om hierdie menslike hulpbronne sonder diskriminasie aan te wend deur mense soos mense te behandel, hulle op te lei en te motiveer.

Bestuurders in Suid-Afrika het ‘n groot verantwoordelikheid vir korrekte besluite en handelinge, wat tot ekonomiese groei en nuwe werksgeleenthede kan lei. Een van die belangrikste take van die bestuurder is om die mense wat onder hom werk, doeltreffend te bestuur, en veral om hulle te motiveer tot groter produktiwiteit . Hy moet die mense motiveer om te presteer .

A. Bestuurstyle

Elke bestuurder het ‘n bepaalde bestuurstyl of benadering tot sy werk. Daar is basies drie bestuursteorieë:

  1. Die tradisionele teorie

‘n Werknemer het op sy eie probeer om ‘n probleem op te los, maar hy het dit verbrou.

Toe die bestuurder hom uittrap, het die werknemer homself verdedig deur te sê: “Maar ek het gedink . . .”, waarop sy hoof hom toegesnou het: “Jy moenie dink nie – jy moet maak soos ek sê.”

Só tree ‘n bestuurder op wat in die tradisionele teorie glo.

  1. Die menseverhoudingsteorie

Hierdie teorie is gegrond op die veronderstelling dat werknemers gemotiveer word deur goeie behandeling.

Hulle verskaf onder andere geriewe vir die personeel soos tennisbane, ‘n swembad, ‘n muurbalbaan, snoekertafels, ens., want die bestuur glo dat mense wat saam speel, ook lekker sal saamwerk.

  1. Die mensbenuttingsteorie

In hierdie geval gaan dit nie daarom om werknemers goed te behandel nie, maar om hulle goed te benut . Hierdie bestuurder moedig sy werknemers aan om vir hulleself te dink en hul werkprobleme self op te los.

Vraag

Watter teorie sal die doeltreffendste wees om groter produktiwiteit by die werknemers te bewerkstellig?

Die algemeenste teorie wat die meeste in Suid-Afrikaanse maatskappye gebruik word, is die tradisionele teorie op die laer bestuursvlak van ‘n organisasie, en die mensbenuttingsteorie gewoonlik op die topbestuursvlak.

Indien werknemers lui is, en net in geld belangstel, en nie vir hulleself kan dink nie, sal die doeltreffendste benadering ongetwyfeld die tradisionele teorie wees.

Indien werknemers egter hul werk geniet, gretig is om hulleself te bewys en intelligent is, sal die doeltreffendste benadering die mensbenuttingsteorie wees

Aktiwiteit 2:

Om te bepaal watter bestuurstyl gevolg word

[lu 3.2]

Elke bestuurstyl word bepaal deur sekere sienings wat ‘n bestuurder van sy werknemers het. Skryf net die nommer van elke kenmerk in die kolom onder die gepaste hofie:

  1. Werknemers is lui van geaardheid, daarom sal hulle werk vermy as hulle kan.
  2. Werknemers wil soos mense behandel word.
  3. Werknemers geniet harde werk as hulle kan sien dat hulle iets bereik het wat die moeite werd is.
  4. Werknemers sal niks doen as hulle nie ekstra daarvoor betaal word nie.
  5. Werknemers se sosiale behoeftes is net so belangrik as finansiële behoeftes
  6. Werknemers hou daarvan om alleen gelaat te word sodat hulle vir die baas kan wys hoe goed hulle is.
  7. Werknemers sal dit eerder aan die bestuurder oorlaat om probleme op te los, sodat iemand anders die skuld kry as iets verkeerd loop.
  8. Werknemers is mense wat raakgesien wil word.
  9. Die bestuurder dink dalk dat sy werknemers nie belangrik is nie, maar hy sal hulle ten minste belangrik laat voel.
  10. Werknemers sal self hul werk beplan en kontroleer dat dit reg gedoen word.
  11. Die bestuurder sal werkers aanmoedig om eie inisiatief aan die dag te lê en toelaat dat hulle op eie houtjie met hul werk voortgaan.
  12. Werknemers kan nie vir hulleself dink nie weens gebrekkige opvoeding/opleiding/ervaring.`
Tradisionele bestuurstyl Menseverhouding-bestuurstyl Mensbenuttings-bestuurstyl

Assessering

LU 3
BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSI Ë LE KENNIS EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 verduidelik die rol van beplanning, organisering leierskap en beheer (bv. finansiële en prosedurele kontrole) in ‘n sakeonderneming;
3.2 verskillende benaderings tot leierskap en bestuur bespreek;
3.3 beskryf die belangrikheid van administrasie in die bestuur van ‘n sakeonderneming (rekordhouding, die bewaar van dokumentasie);
3.5 stel ‘n elementêre staat van netto-waarde op deur persoonlike rekords te gebruik.

Memorandum

Leierskap en bestuur

  • Leierskap en bestuur word bespreek.
  • Die inligting oor bestuurstyle stel die onderwyser in staat om hierdie aspekte deeglik te verduidelik.

Aktiwiteit 2

  • Kan met bespreking en leiding die opdrag aan die leerders vergemaklik
Tradisionele bestuurstyl Menseverhouding-bestuurstyl Mensbenuttings-bestuurstyl
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12

Questions & Answers

what does mean opportunity cost?
Aster Reply
what is poetive effect of population growth
Solomon Reply
what is inflation
Nasir Reply
what is demand
Eleni
what is economics
IMLAN Reply
economics theory describes individual behavior as the result of a process of optimization under constraints the objective to be reached being determined by
Kalkidan
Economics is a branch of social science that deal with How to wise use of resource ,s
Kassie
need
WARKISA
Economic Needs: In economics, needs are goods or services that are necessary for maintaining a certain standard of living. This includes things like healthcare, education, and transportation.
Kalkidan
What is demand and supply
EMPEROR Reply
deman means?
Alex
what is supply?
Alex
ex play supply?
Alex
Money market is a branch or segment of financial market where short-term debt instruments are traded upon. The instruments in this market includes Treasury bills, Bonds, Commercial Papers, Call money among other.
murana Reply
good
Kayode
what is money market
umar Reply
Examine the distinction between theory of comparative cost Advantage and theory of factor proportion
Fatima Reply
What is inflation
Bright Reply
a general and ongoing rise in the level of prices in an economy
AI-Robot
What are the factors that affect demand for a commodity
Florence Reply
price
Kenu
differentiate between demand and supply giving examples
Lambiv Reply
differentiated between demand and supply using examples
Lambiv
what is labour ?
Lambiv
how will I do?
Venny Reply
how is the graph works?I don't fully understand
Rezat Reply
information
Eliyee
devaluation
Eliyee
t
WARKISA
hi guys good evening to all
Lambiv
multiple choice question
Aster Reply
appreciation
Eliyee
explain perfect market
Lindiwe Reply
In economics, a perfect market refers to a theoretical construct where all participants have perfect information, goods are homogenous, there are no barriers to entry or exit, and prices are determined solely by supply and demand. It's an idealized model used for analysis,
Ezea
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask